Die Nagels is ’n gemiddelde blanke gesin wat op ’n kleinhoewe woon. Die Khumalo’s, ’n uiters welgestelde gesin in die nuwe Suid-Afrika. Gladys is verbitterd, selfs omdat Justin, haar seun, ’n dokter geword het.
Dokter Justin Khumalo is aan diens as die ambulans met die Nagels by ongevalle aankom. Hy deel bevele uit en staan terug om die erg beseerde gesin op te neem. Vir hom is dit pasiënte, mense sonder kleur.
Vroeër vanaand was hy en sy moeder by die opvoering waar Celest Nagel die orkes gelei het. Justin wou die uiters begaafde jong pianis sien optree.
Gladys het saam met hom gegaan om net een rede: omdat sy mag. As swart vrou mag sy in die konsertsaal sit wat in haar kindertyd net vir blankes bedoel was. In sy agterkop sien hy haar nog buig voor die dawerende gehoor. Hoekom dan die byna waansinnige vrees as sy na hom kyk?
Wat gaan gebeur tussen Justin en Celest, haar ouers en sy voorouers? Kan die kleurskeidslyn verskuif en is daar ’n toekoms OOR GRENSE HEEN?
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

fitchetnoleen –
Hierdie boek het my geweldig geboei. n Tema wat versigtig hanteer word is meesterlik gedoen.
Kon nie ophou lees voor die einde nie. Ek dink steeds Baie aan die verhaal. Met n hartseer gevoel en tog ook met soveel meer begrip.
Lees hierdie uitstekende, besonderse verhaal.