Wanneer Ruben instem om vir ’n paar maande sy vriend se suster, Marietjie, met die plaas te help, dink hy dit gaan ’n
eenvoudige guns wees. Wat hy egter nie verwag nie, is die vurige boervrou met heuningblonde hare, ’n skerp tong en ’n
hart wat diep letsels dra. Marietjie is vasberade om haar plaas, Rolbos, alleen te bestuur – sy het nie plek vir ’n
aantreklike vreemdeling met ’n verleidelike glimlag nie. Ruben, aan die ander kant, is gewoond daaraan om beheer te
neem, maar spoedig ontdek hy dat Rolbos én sy baas hom meer uitdaag as wat hy ooit kon voorsien. Tussen skeertyd,
plaasgevare en ’n paar humoristiese botsings, ontvou daar ’n verhaal van trots, geheime, aantrekkingskrag en tweede
kanse. Kan Marietjie haar hart toelaat om weer te glo in liefde? En sal Ruben die moed hê om langer as net drie maande
te bly?
Jy proe soos pannekoek (Groot Druk)
R219.00In ’n klein kusdorpie waar almal mekaar ken, leef matrone Sheila Fick ’n rustige, goed-geordende lewe. Haar dae word
gevul deur die hospitaal, haar tuin en haar geliefde kat, Kotie. Maar onder die kalm oppervlak lê ’n verlange na iets
meer – na liefde, na ’n gesin wat nooit vir haar beskore was nie. Wanneer die stil, aantreklike dokter Michael
Wellington en sy rooikopseuntjie, Carl, in die huis langs hare intrek, begin Sheila se veilige wêreld stadig verander.
Michael dra die letsels van verlies, en Carl smag na warmte en avontuur. Tussen melkskommels, plaasbesoeke en klein
dorpsgeheime groei ’n brose band – een wat harte kan genees …

Reviews
There are no reviews yet.