Elsa de Waal dra al jare lank aan ’n geheim – die storie van haar man, Henk, die arm bywonerseun uit Suidwes wat deur swaarkry, vernedering en oorlog moes veg om sy plek in die lewe te vind. Sy liefde vir Elsa was sy redding, maar ook sy ondergang. Nou, aan die einde van haar lewe, weet Elsa sy kan nie sterf sonder om die waarheid oor Henk te vertel nie – oor hoe verkeerde keuses sy lewe gekos het. Wanneer die jong skrywer Jasper Muller uiteindelik instem om haar dagboeke te lees, word hy onherroeplik ingetrek in Henk en Elsa se lewens – twee mense vasgevang tussen liefde en plig, skuld en vergifnis. Deur Elsa se dagboeke ontdek hy die onafgehandelde geskiedenis van gewone mense wat ongewone lyding beleef het, en die keuses wat geslagte gevorm het. ’n Storie wat vertel móét word. Met fyn emosionele insig en eerlike menslikheid laat Andrew Alberts die stemme van ’n vervloë verlede weerklink – stemme wat nog lank ná die laaste bladsy bly fluister.
Stasie huis no 5
Price range: R59.00 through R149.00Die lief en leed van ‘n spoorweg-gemeenskap wat die lewe van anderkant die treinspoor ken.
‘n Hartroerende verhaal van Drien en Sarie en hulle verbete baklei teen die wrede werklikheid van verkragting, molestering en aanranding. Sal die mense van Stasiehuis no 5 weer vrede vind?
Kom lees hierdie boeiende verhaal en ervaar die swaarkry van anderkant die spoorlyn.

Reviews
There are no reviews yet.