So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, kom ons leer die alfabet
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R59.00 – R129.00Price range: R59.00 through R129.00
So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, so leer ons die kleinspan die alfabet.
Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind nodig het om sukses in die lewe te behaal en lees begin reeds in die vormjare van ‘n kind.
Lekkerlees vir die Kleinspan bied jou kind ‘n wonderwêreld van woorde en kleur. Versies en prentjies wat die verbeelding aangryp en sodoende leer die kind om diere te ken.
Die stories neem die kind op ‘n verbeeldingsvlug waarin die kind hom/haar kan uitleef.
Ondersteun jou kind om die liefde vir lees en boeke te ontwikkel.
My digbundel, Edelstene, besing die skoonheid van die natuur en die prag van ons moederstad, Kaapstad. Ek skryf ook oor die wel en weë van die lewe in Suid-Afrika en ons wedervaringe.
Hierdie digbundel is n mengelmoes van emosies. Sarie skryf oor hartseer, liefde, pyn, geluk en nostalgie, afgewissel met ʼn tikkie humor en fantasie.
Sy bring ook hulde aan Jordan Moore, Emaan Solomons en Leo Williams.
So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, kom ons leer die alfabet
You must be logged in to post a review.
Die kinders besef nie watter avontuur vir hulle wag nie. Wie of watter dier se spore is daar in die grot? Wat doen die leeuwelpies in die grot, en die leeuwyfie? Is die kinders in lewensgevaar?
Prins William en die Affêre met die Bye is ‘n storie oor Prins William die Kalf, Chuckey die Boerbok, Donsie die Gans, Dirkie die Donkie en Struisie die Volstruis. Chuckey wil graag die nuwe inwoners op die plaas verwelkom, en sy vriende stap saam met hom. Chuckey kry ‘n blink plan om vir die volstruise ‘n geskenk te vat. Dit lei tot ‘n noue ontkoming met bye. Hulle vlug net betyds, maar arme Prins William is nie so gelukkig nie. Kom kuier saam met Chuckey en sy vriende en sien wat met Prins William gebeur. Kon hulle dit regkry om die geskenk aan die volstruise te gee, of was al die moeite tevergeefs?
In hierdie tweede uitgawe in die reeks oor die manewales van die Snypoort Ridders, bevind die dapper seuns en meisies van Snypoort se eie bende, hulself weer in ’n ongemaklike situasie – hierdie keer saam in een bende.
Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur, beloof om die leser saam te neem op ’n heerlike, aksiebelaaide uitstappie na plekke waar die Ridders eerder moes wegbly. Die Snypoort Ridders wegbly? O nee! Nie hierdie dapper seuns en meisies nie!
Wie gebruik nou ‘n kaart en ‘n kompas as hy wil kyk of hy ‘n skool wil koop?Kom lees saam aan hierdie avontuur wat die Bashoekers lekker aan die raai het.
Het Adam regtig die krag om met bye te gesels? Indien jy nuuskierig is… lees die boek.
In this second book of the series, Michael finds himself once again in his flying dimension but this time with new challenges. The Sumatran Tiger, a beautiful cat genetically close to its extinct ancestors, is getting near extinction on Tiger Island. This invites poachers to the island and what follows is an action packed adventure to save precious endangered species from the human greed for animal parts.
Join Michael and his friends as they try to prevent the poachers and their rebel air support from killing the tigers. Michael is elated as this time he gets to fly Delta, the sleek Mirage jet fighter.

Reviews
There are no reviews yet.