Kleiduiwe kán vlieg – die titel is ontleen aan ‘n tema vanuit die Nuwe Testamentiese apokriewe waar menslike mag deur ‘n wonderwerk opgehef word – is ‘n hibriede-roman wat bestaan uit ’n aantal novelles wat dikwels ook van die kortverhaalstruktuur gebruik maak. Onderskeie intriges word binne die novelles uitgebou, terwyl die hoofkarakter en ander karakters, die milieu, tyd en omstandighede tematies verbind word. Die tema van vernietiging deur menslike keuses word deurgaans gevolg, terwyl die woord en die verhaal in die skryfaksie ter wille van die skryfaksie self vir die skrywer en moontlik ook die leser ‘n katarsis bring. Die romanverhaal – ‘n voortsetting van die roman As Silo kom – onderskei temas met die trauma wat huweliksverbrokkeling, verbrokkeling deur idiologieë, soos die Christelike, Joodse, demokratiese, apartheidsdenke en die mag van geld wat verskillende aspekte van verbrokkeling na vore bring. Hierdie traumas kán wel aangespreek word deur teenkeuses soos ook in die omslag deur die windpomp en die woestynplante vergestalt word.
Wentelflenters
Price range: R49.00 through R109.00Wentelflenters is ’n magtige reis deur tyd, geloof, geskiedenis en die broosheid van menswees. Hennie Jones verweef die
skepping, verlies, oorlog, en liefde tot ’n epiese poëtiese kroniek wat oor eeue strek – van Eden se tuin tot die
moderne wêreld se verwoesting en hoop. Elke gedig is ’n flenters van die groter wenteling van lewe en dood, lig en
duisternis, waar die digter worstel met God, mens, herinnering en erfdeel. Met beeldryke taal en klankvolle ritme vang
Jones die onmeetlike omvang van menslike pyn en oorlewing vas. Dis ’n bundel wat nie net gelees nie, maar diep ervaar
moet word – ’n oortuigde smeekgebed, ’n geskiedenis van siele wat steeds soek na betekenis, vergifnis en vrede in die
wentelende chaos van bestaan.

Reviews
There are no reviews yet.