Katbos is die voortsetting van Kambro, wat veral die familiestorietjies afstof en met ‘n nuwe sousie opdis. Storietjies uit die gemeenskap vertel ook baie lekker. Soos met Kambro is die doel nie om mense te laat kraag van die lag nie, maar slegs om ‘n glimlag te bring by die herinneringe aan jou familiestories. Mens is soms verbaas hoe baie humor in familiestorietjies opgesluit is en dis net weer ‘n beklemtoning van die Afrikaner se onblusbare sin vir humor. Lees en geniet…
Ek is Piet
Price range: R99.00 through R279.00Wie is Piet? Vir die meeste mense is hy net nóg ’n boemelaar – vuil, mank en sonder ’n adres. Mense kyk weg, trek hul neuse op en stap vinniger verby. Niemand vra vrae nie. Niemand wil sy storie hoor nie. Maar elke mens dra ’n verlede saam. Terwyl Piet sukkel om met ’n besmette wond, honger en vernedering te oorleef, ontvou daar stadig ’n verhaal van verlore drome, gebroke verhoudings en keuses wat ’n lewe onherroeplik verander het. Die wêreld sien net die man langs die straat, maar agter die vuil baard en verslete klere skuil ’n mens met ’n naam, ’n geskiedenis…

Reviews
There are no reviews yet.