Die Bester-gesin word ’n gulde geleentheid gebied om kosteloos op ’n Wildsplaas net buite Brits te gaan kampeer. Dinge raak vinnig interessant toe Danie Bester, ’n oud-speurder, te hore kom van die eienaar, Diepseun van der Merwe, se vrou wat ’n paar jaar vantevore op die plaas dood is. Diepseun hou vol dat sy liefste Charlotte vermoor is en dit raak duidelik dat dit die rede is vir die gratis verblyf aan Danie en sy gesin.
Die raaisel verdiep toe daar ’n paar moorde gepleeg word en ’n mensehandel-sindikaat wat in die verlede deur Danie ondersoek is, moontlik iets daarmee te doen het. Danie en sy gesin word deur ’n maalkolk van raaiselagtige gebeure meegesleur. ’n Vreemde kroegman en ’n twyfelagtige karakter wat as plaasbestuurder werk skep meer vrae as antwoorde.
Hierdie boek is gevul met intrige aangevul deur moord, ontvoering en ’n goue draad van liefde en vertroue wat tot die uiterste beproef word. Sal Danie en sy gesin ongeskonde aan die anderkant uitkom?
Skadu van misleiding (Groot Druk)
R259.00Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

Reviews
There are no reviews yet.