Die verhaal, ROOS VAN MY HART, speel af in die jare 70’s. Rina, ’n stadsmeisie, begin haar toekoms as die bruid van Johan Steenkamp, op die plaas Damaron, in Suidwes-Afrika.
Rina pas gou aan by die onbekende plaaslewe. Sy beleef vele geluk saam met Johan en raak geliefd onder die plaaswerkers en die omgewing se mense. Klein Albert word gebore, haar lewe is volmaak.
Totdat Johan deur die kommando’s opgeroep word om vir drie maande grens toe te gaan, en Rina met die hulp van die plaaswerkers die mas moet opkom.
Johan kom terug plaas toe in ’n rolstoel, gebroke en later ʼn skaduwee van die fors man wat hy eens was. Rina bid elke dag vir genesing, maar God het sy eie plan. Hy neem Rina op ʼn kruistog met vele ontberings en beproewings.
Die lewe moet aangaan sonder haar geliefde Johan, terwille van klein Albert, kom Rina later tot die besef. Is geluk ooit weer vir haar beskore? Of gaan sy vir die res van haar lewe aan Johan se herinneringe bly vasklou?
Die donker geheim
Price range: R99.00 through R209.00Wanneer Annette na jare onverwags met haar bloedfamilie herenig word, lyk dit of ’n nuwe seisoen van hoop vir haar en haar kinders aangebreek het. Op die wynplaas La Roche vind hulle rus, liefde – en ’n tweede kans.
Maar onder die oppervlak borrel ou geheime, en die verlede klop aan met sy eie agenda. Die stil, geheimsinnige boekhouer, Bruce Dubois, het meer as net sy werk op die hart. Wanneer Annette se jongste dogter, Estelle, spoorloos verdwyn tydens ’n skou, word die gesin se wêreld onherroeplik geskud. ’n Kat-en-muis-speletjie volg – met tyd, vertroue en geloof as die enigste wapens teen ’n gewetenlose afperser.
Terwyl die gesin alles op die spel plaas om hul kind terug te kry, word die ware betekenis van liefde, volharding en genade getoets. En net wanneer alles verlore lyk, wys die Here se hand weer dat niks ooit te verlore is om te red nie …
Die donker geheim is ’n spanningsverhaal vol hart, familiekrag en die soeke na lig te midde van die donkerste nag.

Reviews
There are no reviews yet.