Die sewentienjarige Karlyn se ma lê gekoppel aan masjiene, maar Karlyn kan glad nie onthou hoe dit gebeur het nie. Wanneer sy voel die lewe druk te veel, gaan slaan sy balle rond op die tennisbaan. Dis waar sy Dirk gedurende die skoolvakansie ontmoet. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar, al is hy ’n paar jaar ouer as sy.
Groot is haar skok toe sy met die eerste skooldag van die kwartaal ontdek dat Dirk die nuwe onnie by haar skool is, boonop is hy haar register- en wiskunde onderwyser. Maar, die hart laat nie vir hom voorskryf wie jy mag liefkry nie. Na dreigemente deur die skoolhoof, bedank Dirk as onderwyser omdat hy baie vir Karlyn omgee.
Nadat Karlyn en haar boetie, Reghard, se pa dood verongeluk, kom hulle agter hulle pa is glad nie wie hulle gedink het hy is nie. Henk, die onderwyser wat in Dirk se plek aangestel is, is ook nie sommer net enige onderwyser nie. Hy het Karlyn en Reghard se pa baie goed geken.
Gaan Karlyn en Dirk se verhouding staande bly deur al die drama?
Virrie tiener in my hood
Price range: R39.00 through R139.00VIRRIE TIENER IN MY HOOD praat met die jongeling op sý vlak en in ‘n taal wat hulle verstaan. Deur middel van scenario’s wat geskep word, bring die skrywer die boodskap van hoop. Die leser kan homself identifiseer met dit wat bespreek word en sodoende sien dat daar altyd hoop is, al lyk jou situasie hóé droewig.

Reviews
There are no reviews yet.