Die drieling-susters Luna, Diana en Irene kan van kleins af dinge doen wat ander kinders nie kan nie. Een van die spesiale gawes is, dat hulle met enige seedier kan kommunikeer, en hulle is baie lief vir water. Daar word gedurig met hulle daaroor gespot, tot hulle ma besluit die drie is nou oud genoeg om by die ander van hulle soort aan te sluit. Hulle word na ‘n pragtige sprokieskasteel aan die voet van die Meru-gebergte gestuur.
Luna, die oudste van die drieling, het ’n vurige humeur wat haar gereeld in die warmwater laat beland. Kort na hulle aankoms by die kasteel, spat die vonke tussen haar en die arrogante Seth Rowlands, een van die kasteelbewoners.
Hulle kom gou agter dat almal wat hier woon, net soos hulle, spesiale magte besit. Hulle vind ook tot hulle verbasing uit hulle pa nie oorlede is soos wat hulle nog al die jare geglo het nie, maar Poseidon, die seegod, is hulle pa.
’n Foto laat die susters lelik kopkrap en baie ander vrae duik die een na die ander op. Gaan die susters antwoorde op hulle vrae kry, of gaan dit ‘n misterie bly?
As die wiel draai
Price range: R79.00 through R219.00Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…

Reviews
There are no reviews yet.