San-Mari en haar broer, Wouter, erf die familie-wynplaas n hul vader se skielike afsterwe. Terwyl Wouter sy plek in die wynbedryf vind, bly San-Mari soekend na haar lewensdoel na antwoorde oor hul ma, Mercia, wat verdwyn het toe hulle kinders was. ‘n Toevallige ontdekking in hul pa se studeerkamer bring ‘n leidraad na Mercia se verlede aan die lig en wek vrae oor haar verdwyning. San-Mari se vasberadenheid om die waarheid te ontrafel, lei haar op n gevaarlike pad, waar familiegeheime en onverwagte onthullings haar wêreld skud. Teen die agtergrond van die wynlande se prag ontvou ‘n storie van verlies, liefde en ‘n onbreekbare band tussen broer en suster. Kan San-Mari vrede vind met die verlede, of wag daar nog donker onthullings?
Huisie langs die pad
Price range: R79.00 through R179.00Hierdie verhaal skets die ervarings van ʼn kind wat die gebeure werklik deurleef het. Name van mense en plekke is verander om te verseker dat dit nooit as ʼn vingerwysing of ʼn aksie teen enige een gebruik kan word nie. Feitlik al die rolspelers in hierdie lewensdrama is nou al die ewigheid in. Ek bid dat hulle almal genade gevind het en hul saak met Vader reggemaak het voor hulle hierdie lewe verlaat het. Mag hierdie vertellings daartoe bydra dat dit wat hier beskryf word, nooit weer met enige ander kind gebeur nie. Kinders is weerloos. Hulle is onskuldig. Hulle behoort aan die Vader. Wee die een wat sy hand in haat, nyd of woede teen ʼn kind sou lig. Dit sal nie ongesiens en ongestraf verbygaan nie. Hier kom sekerlik die waarheid wat ons in die Woord leer, naamlik dat die wraak ons nie toekom nie.

Reviews
There are no reviews yet.