Lindsey is net ’n klein dogtertjie, maar sy dra swaar laste wat geen kind ooit behoort te ken nie. In ’n woonstel vol
lawaai, drank en verwaarlosing, hou sy vas aan haar teddiebeer en haar drome van ’n beter wêreld. Sy leer gou dat
“drake” nie net in sprokies bestaan nie, maar in die vorm van mense haar kamer binnekom en haar onskuld steel. Haar ma,
vasgevang in haar eie pyn en verkeerde keuses, besef nie hoe diep die wonde is wat sy op haar kind se hart laat nie.
Maar toe Hanlie, ’n toegewyde maatskaplike werker, Lindsey raakloop, begin ’n ander pad oopgaan – een van hoop,
genesing en die moontlikheid van ’n nuwe begin. Sal liefde en beskerming uiteindelik die donkerte oorwin? Spore van
Hoop is ’n aangrypende verhaal van verwaarlosing en oorlewing, maar ook van die onverwoesbare krag van hoop en die
mense wat kies om om te gee.
Rooibos Tee
Price range: R109.00 through R239.00Daar is min dinge so troostend soos ‘n warm koppie rooibostee – eenvoudig, eg en vol genesing. Rooibos Tee – Stil oomblikke vir die siel nooi jou om vir ‘n oomblik stil te raak, diep asem te haal en weer God se vrede te ontdek.
Deur 52 inspirerende weekstukke, gevul met bemoedigende oordenkings, eerlike refleksievrae, gebede, Skrifgedeeltes en positiewe affirmasies, neem Alida de Bruyn jou op ‘n reis van herstel, selfontdekking en geloof. Hierdie boek herinner jou dat jy nie alles alleen hoef te dra nie en dat elke nuwe dag ‘n vars begin kan wees.

Reviews
There are no reviews yet.