Die Lewe is geneig om tenminste één keer in ’n mens se lewe, vir jou ’n klap te gee. Jou van balans af te probeer ruk, en jou wêreld onderstebo te keer. Maar vir Twanette Greyling, het die lewe ’n hele paar klappe uitgedeel. Die vraag is net: Wat gaan sy daaromtrent doen?
Twanette is ’n pragtige blondekop dokter by 2 Militêre Hospitaal in die mooie Kaap. Sy kry haar eerste klap toe sy haar pens en pootjies in ’n huwelik begewe. Min wetende dat dit al op die eerste dag sou begin skipbreuk lei. ’n Huwelik wat haar menswees en siel letterlik sou opvreet.
Na ’n uitmergelende hofgeding, besluit sy om by haar ouers in Nederland te gaan kuier, maar eers wil sy vir ’n week of twee Spanje se platteland gaan verken, vóór sy by haar ouers aansluit.
In Spanje word sy heeltemal van balans afgeruk deur ’n situasie wat haar dwing om aan die lewe vas te klou. Gelukkig vir haar is daar mense in Suid-Afrika, wat weer mense in Spanje ken, wat Twanette van ’n gewisse dood red.
Op pad na Leiden, is die klapuitdeler daarop uit om Twanette te vernietig… Soveel so, dat sy twee maal moet veg vir haar selfbehoud…
In Leiden, Nederland, begin lente, maar in Twanette se hart is dit steeds winter. Gaan Twanette ooit weer ’n normale lewe lei na die ernstige trauma wat haar wil knak. Gaan sy bly treur oor wat was, óf wat kon wees?
Dan, op ’n mooi lentedag, kry sy ’n bos tulpe met ’n nota daarby. Van wie af is die bos pragtige tulpe, en wat sou in die nota staan…?
Tulpe vir Twanette (Groot Druk)
Price range: R109.00 through R299.00Die Lewe is geneig om tenminste één keer in ’n mens se lewe, vir jou ’n klap te gee. Jou van balans af te probeer ruk, en jou wêreld onderstebo te keer. Maar vir Twanette Greyling, het die lewe ’n hele paar klappe uitgedeel. Die vraag is net: Wat gaan sy daaromtrent doen? Twanette is ’n pragtige blondekop dokter by 2 Militêre Hospitaal in die mooie Kaap. Sy kry haar eerste klap toe sy haar pens en pootjies in ’n huwelik begewe. Min wetende dat dit al op die eerste dag sou begin skipbreuk lei. ’n Huwelik wat haar menswees en siel letterlik sou opvreet. In Leiden, Nederland, begin lente, maar in Twanette se hart is dit steeds winter.
Gaan Twanette ooit weer ’n normale lewe lei na die ernstige trauma wat haar wil knak.
Gaan sy bly treur oor wat was, óf wat kon wees?
Dan, op ’n mooi lentedag, kry sy ’n bos tulpe met ’n nota daarby. Van wie af is die bos pragtige tulpe, en wat sou in die nota staan…?

marsdrey –
Nog ‘n treffer uit Franciska Mouton se pen sonder twyfel. Toe ek dit begin lees, het ek dit nie neergesit voor dit klaar was nie.
Weereens is dit ‘n boek met al die elemente wat nodig is om jou dit nie te laat neersit nie in. Van die begin af kry sy jou aandag met die hartseer van haar hoofkarakter. Sy hou jou aandag deur ou bekende karakters wat haar lesers reeds ken, weer in te bring en haar storielyn is interessant en aksie-belaai.
Die een oomblik is haar hoofkarakter op pad na ‘n welverdiende vakansie en die volgende oomblik loop alles so drasties skeef dat die gedugte span Spesmag manne van Gustav Minnaar, Sillas, Gawie en Jacob Brand se vernuf nodig is om haar lewendig uit Spanje te kry.
Buiten die krisis wat sy haarself in Spanje in vasloop, verlaat sy Spanje om vir haar ouer te gaan kuier in Nederland met ‘n hart wat homself nie wil laat voorskryf nie. Bo dit alles volg die onverwagte aksie van haar vlug na Nederland, as gevolg waarvan sy in die hospitaal beland. Haar leuse is wel dinge van die die verlede moet daar bly, in die verlede, maar wanneer sy ‘n bos tulpe van iemand in Spanje ontvang terwyl sy in die hospitaal is, raak daardie leuse baie moeilik om by te hou.
Dit is ‘n boek waarin jy die seer van die lewe sal erken, die onregverdigheid wat soms mense ongevraagd in baie groot moeilikheid kan laat beland, maar ook die wonder van daardie een persoon wat oor jou pad kom in daardie verskriklike situasie en dit vir jou draaglik maak en ‘n vriendin raak vir die res van jou lewe.
Verder sal jy die noue bande van kamerade wat deur dik en dun bymekaar staan beleef, maar ook die ontstellende optrede van vriende wat jou verraai.
Die wonde wat harte opdoen, maar ook hoe dit deur liefde en vertroue weer geheel kan word.
Hierdie boek het dit alles, teleurstelling, seer, verraad, liefde, lojaliteit, die waarde van ware vriendskappe en nog meer.
Dit is beslis nog ‘n moet lees boek uit Franciska se pen.
Marsofine Krynauw