Vanaf die eerste dag wat die nuwe Trauma-chirurg by die Medi Starr Kliniek in die mooie Kaap begin werk, spat die vonke behoorlik tussen hom en suster Sonnika de Bruyn. Sy, vind hom arrogant en ongeskik. Hy, beskuldig haar daarvan dat sy sy opdragte verontagsaam en haar pligte ontduik.
Sonnika se wêreld maak egter ‘n 360 grade omkeer wanneer een van die pasiënte skielik sterf. Min het sy geweet watter groot impak Benjamin Stolz se dood op haar lewe gaan maak.
Wanneer sy en haar beste vriendin, Magdie Venter, die reis na ’n onbekende bestemming aanpak, word sy op die bosveldplaas, Matlabas, gevange geneem deur booswigte wat stuit vir niks. Sy beland in ‘n stryd om lewe en dood.
SKADU OOR MATLABAS trek die leser in by Sonnika de Bruyn se lewe en wêreld. Jy beleef saam met haar die gevare waarin sy haarself bevind, óók die oomblikke wanneer die liefde aan haar deur kom klop. Maar… vóór dinge in haar lewe glad begin verloop, moet sy eers die donker skadu’s verdryf wat haar lewensvreugde bedreig.
Vind ook uit wat die trauma-chirurg, die eienaar van ’n bosveldplaas, en ’n polisiekaptein met Sonnika de Bruyn en Matlabas ingemeen het?
Bloedrooi Papawers (Groot Druk
R179.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

Reviews
There are no reviews yet.