Price range: R39.00 through R139.00

Bloedrooi papawers

(1 customer review)

Alles het een wolklose dag in Oktober begin …Daardie dag het Lelami de Jager kennis gemaak met Trace Riley. Die aantreklike professor by die Departement van Geologie, aan die Universiteit van Ford Hare in die Oos Kaap.
Oktobermaand was nog altyd besing en bedig as die mooiste, mooiste maand. Maar dáárdie mooi lentedag van 2017, was vir haar baie spesiaal.
Hoekom… sou sy eers heelwat later uitvind. Die hoofrede vir haar besluit om haar meestersgraad in geologie aan die Universiteit van Ford Hare te gaan doen, was hoofsaaklik om naby haar ouers te wees. Dit was net ‘n logiese besluit volgens haar. Oos Londen haar tuisdorp, en die universiteit van Ford Hare, was minder as drie ure se ry van mekaar.
Min het sy geweet watter kinkels die lewe vir haar sou gooi

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-338-4 N/A

Meet The Author

Alles het een wolklose dag in Oktober begin …Daardie dag het Lelami de Jager kennis gemaak met Trace Riley. Die aantreklike professor by die Departement van Geologie, aan die Universiteit van Ford Hare in die Oos Kaap.
Oktobermaand was nog altyd besing en bedig as die mooiste, mooiste maand. Maar dáárdie mooi lentedag van 2017, was vir haar baie spesiaal.
Hoekom… sou sy eers heelwat later uitvind. Die hoofrede vir haar besluit om haar meestersgraad in geologie aan die Universiteit van Ford Hare te gaan doen, was hoofsaaklik om naby haar ouers te wees. Dit was net ‘n logiese besluit volgens haar. Oos Londen haar tuisdorp, en die universiteit van Ford Hare, was minder as drie ure se ry van mekaar.
Min het sy geweet watter kinkels die lewe vir haar sou gooi

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for Bloedrooi papawers

  1. marsdrey

    Daar is ʼn rede hoekom ek elke keer wanneer Franciska Mouton se boeke se ink nog nat is my e-boek bestel. Hoekom ek nie die nag laat verby gaan voor ek daardie boek net eenvoudig verslind nie. Die rede is nie omdat sy ʼn dierbare vriendin is nie, die rede is: Sy mag maar skryf!
    Bloedrooi papawers begin met soveel humor, dat jy jou nie kan voorstel dat dit ʼn Aksie boek gaan word nie. Die oënskynlike, eksentrieke Koos van der Merwe, net sy naam vertel jou al hy het meer om die lyf as wat jy dink. Die onbeskofte, kort gebakerde Trace Riley, wat net te veel sy oog op die net so eksentrieke Lelami het, maar haar tog nie nader om ʼn vriendskap aan te knoop nie. Wat sal sy motief dan wees?

    Lelami de Jager, kleurvol, slimkop, met ʼn sterk wil en ʼn bos ongetemde rooi krulhare, voeg daarby ʼn humeur en ʼn stemmetjie wat haar probeer uit die moeilikheid hou. Nie dat sy haar veel of altyd aan die stemmetjie steur nie. Baie bly om nog so ʼn eksentrieke siel soos sy raak te loop, maar hom net sien as ʼn vriend wat haar geselskap hou en vermaak. Self wanneer haar stemmetjie haar waarsku om miskien bietjie dieper te kyk na die grapjas Koos, steur sy haar nie eers daaraan nie.

    Dan die ekspedisies waaroor hulle albei so opgewonde is. Die noodlot wat ingryp – of was dit die noodlot of goed beplande donker bedrywighede van Prof Trace Riley?

    Dit was wonderlik om ʼn ou vriend, Jacques Louw, van Duineprinses, een van Franciska se vorige treffers weer hier raak te lees. ʼn Man wat die lewe ken, want daar is as sy fyn aanvoeling vir skurke se doen en late nodig is en weet hoe om die aksie te hanteer en die om hom te beskerm. Al bring die woestyn hoeveel seer en goeie herinneringe vir hom, konsentreer hy op die mense wat in sy sorg is om te red.

    Franciska se beskrywing oor die tonele waar die aksie plaasvind is wonderlik werklik en laat jou net nog verder op die punt van jou stoel sit. Die boek is deurvleg met verrassende oomblikke, niks is voorspelbaar nie en dit hou die hele tyd jou aandag gebonde.

    Deur die aksie is daar tot aan die einde die humor – selfs nadat Lelami tot haar grootste verrassing moes agterkom dat Koos van der Merwe heelwat meer om die lyf het as wat sy ooit sou kon glo, maar dit is presies wat van hom die wonderlike speurder maak wat hy is. Haar stemmetjie lag natuurlik in sy mou as Lelami moet toegee dat hy vroeër reg was en sy net dalk haar hart mag verloor, of sal sy?

    Haar ontnugtering groot as sy agterkom die Prof Riley het al die tyd sy eie agendas gehad en dat juis hy die oorsaak van al hul ontberings is.
    Weereens ʼn boek met iets van alles. Humor, familie, humeure wat opvlam, verraad, integriteit en selfs liefde.

    Baie geluk Franciska Mouton met nog ʼn treffer.

    Marsofine Krynauw

Add a review