Ons viermanskap, die tweeling Janet en Jasper, en hul vriende Karel en Roelien ontmoet die eerste dag van die nuwe jaar. Die spogskool op Bashoek ontvang die nuwe jaar se leerlinge.
Net Roelien is ‘n privaatleerling, maar hulle vriendskap is uniek.Gerda kom van die stad en het in die kinderhuis grootgeword. Sy is eensaam, maak moeilik maats en raak deurmekaar met Lochie in standerd agt.
Vreemde dinge gebeur en natuurlik probeer die viermanskap hul bydrae lewer.Die maatskaplike werkster en haar takhaar mansvriend is ook nie so onskuldig nie. Die viermanskap span kragte saam, en bewys hul lojaliteit aan die skool en hul gemeenskap.
Bashoek tree trots uit die stryd.
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.