Price range: R59.00 through R179.00

Jannie en die heks

Jannie, ’n eensame seun wat baie hakkel, vind troos by die diere in die woud. Een dag sien hy iets vreemds – ’n heks wat in ’n pot roer. Sy betrap hom en maak ’n aanbod: as hy vyf vreemde items vir haar kry, sal sy hom genees van sy hakkel. Jannie stem in, maar onthou niks van die avontuur nie. Jare later ontdek hy die nota met die vyf items – en besef dat iets magies daardie dag wél gebeur het.

PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-308-7 132 2020-03-08 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Jannie het nie vriende nie, want hy hakkel baie en dan spot die kinders hom. Sy vriende is die diertjies en die voëltjies in die woud naby hulle huis. Eendag, terwyl hy in die woud hoog in ’n boom sit en voëltjies teken, sien hy ’n beweging dieper in die woud.
Het sy oë hom bedrieg, of het hy werklik ’n heks gesien?
Hy weet hy mag nie dieper in die woud gaan nie, maar hy is darem baie nuuskierig. Hy sluip dieper die bos in met sy verkyker en hou hy die gedoente versigtig dop. Dis toe sowaar ’n Heks wat besig is om iets in ’n groot pot te kook.
Hessie betrap Jannie wat haar deur sy verkyker dophou. Sy kort nog vyf goed vir haar brousel en Jannie moet dit vir haar kry. In ruil daarvoor sal sy hom genees van sy gehakkel.
Van die ontmoeting met die Heks en sy avontuur om die vyf items op die nota bymekaar te kry, onthou Jannie hoegenaamd niks toe hy in die woud weer van sy omgewing bewus raak.
’n Paar jaar later ontdek Jannie weer die nota met die vyf items daarop geskryf in een van sy laaie en begin wonder, want na daai dag in die woud, hakkel hy ook nie meer…

Book Type

,

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Jannie en die heks”