Is ek in die bol gepik of is ek nie? Hierdie is my verhaal met sy soet, suur, bitter en seer in die lewe. Ek kan sê ek het omtrent alles al beleef. Van vyfster-hotelle tot op straat slaap. Ek was van ‘n bestuurder op die myn tot ‘n hulpbehoewende. Jare lank het ek geglo ek is normaal – as daar iets is soos ‘n normale persoon – tot ek gediagnoseer is met Bipolar. Eers nadat ek medikasie begin gebruik het, het ek besef ek het ‘n wanindruk van “normaal”. Nooit het ek die konsep van geluk verstaan nie, my lewe lank het iets my gejaag, maar na hulp lewe ek rustiger.Selfs met my medikasie het ek my steiltes en my afdraandes in die lewe. As ek nie die Godgegewe talent van skryf ontdek het nie, weet ek nie of ek dit sou gemaak het nie. Ek moet erken dat medikasie bydra tot ‘n vol lewe. Daar was ‘n tyd wat ek geglo het ek sal nooit weer trou nie, nou beplan ek weer een, maar dit is ‘n storie op sy eie wat ek later sal vertel.
Dan is daar ook ander mense se stories in my bundel, elkeen met sy eie tragedie of sukses. Tydens die skryf van IN DIE BOL GEPIK het ek besef die mens is die wonder van God se skepping.
The scars that shaped me
R139.00I have lived, I have seen a lot, my whole life I knew the difference between right and wrong, although I also tried to do the right thing, mostly I didn’t succeed. I have many hidden emotions that few people can see, yet if you read my poetry, I reveal myself to some extent.

Reviews
There are no reviews yet.