Die Bedelaar is n geestelike, fiktiewe verhaal van Teddie, wat op die rand van die samelewing wandel. ‘n man wie se lewe verwoes is deur pyn, verliese en verlore drome. Kersfees bring nie meer vreugde nie, net ‘n gedempte herinnering aan wat eens was. Terwyl Teddie deur die strate van die stad swerf, sukkel hy nie net met aanvaarding nie, maar met die spook van sy verlede wat hom bly agtervolg. Dit is ‘n storie van hoop en verlossing te midde van wanhoop, van ‘n man wat sy menswaardigheid probeer behou wanneer alles anders verdwyn. Terwyl hy ou vriende en onverwagte bondgenote raakloop, onder andere die sesjarige Tanya wat nie op haar mond geval is nie, word hy met keuses gekonfronteer wat sy lot onherroeplik kan verander. Hy leer van voor af hoe verhoudings n gebroke hart weer heel kan maak, en vernaam, dat daar geen lewensverhaal t donker is, vir die lig van God om deur te breek nie. Dit was n voorreg om saam met Teddie te reis, en elke keer saam met hom weer op te staan, en uiteindelik die laaste hoofstuk van sy storie te kon beleef. My hoop is dat Teddie ons elkeen net weer bewus maak dat elke geskape mens, God se liefde verdien.
Die Profeet
R75.00Hierdie oudioboek neem jou op ‘n ontdekkingsreis, wat die merkwaardige gebeure van Jesus se lewe ontbloot. Deur die tempelervaring van die twaalfjarige Jesus, sy biddende interaksie met Abba Vader en die tydperk tussen sy opstanding en hemelvaart te verken, het jy die geleentheid om groter insig in die lewe van Christus te kry. Maak gereed om geïnspireer en getransformeer te word terwyl jy dieper in die karakters en stories van Jesus se lewe delf.

Reviews
There are no reviews yet.