Vir ʼn boerseun van die platteland is dit een ding om jong perde in te breek, die bakkie uit die modder te sleep, en Sondae jou kerkklere skoon te hou tot na kerk. Maar dis ʼn ander ding om jou potjie te gaan krap in die stad se gedruis waar verkeer nooit tot ruste kom nie. Hierdie kortverhaalbundel vertel die staaltjies van die mense op die platteland. Dit herinner ons aan die reuk van Old Spice en die smaak van kerrie-skaapafval. Dit kom roep daardie nostalgiese gebeure van eenvoud op en vra onderliggend die vraag: “Wat het ons regtig nodig in die lewe? ”In die eerste hoofstuk, Stoepstories, word al daardie humoristiese gebeure gedeel wat Oupa altyd rondom die kampvuur vertel het. Skreeusnaakse verhaaltjies van donkiekar resies, skuurdanse, die agastoof en die kleinhuisie.
Skatkisstories, die tweede afdeling, verlang ons terug na etenstyd om die tafel, familie reünies, die grondpad huis toe en die brug oor Rietrivier. Ek gaan stad toe is ʼn bundel vir al daardie plaasjapies wat êrens in ʼn stad ʼn heenkome gevind het, maar steeds terug verlang na die stofpaaie, die jare van plate en kassette en die pragtige sonsondergange van die platteland.
Skedonkie en die Erfdeel
Price range: R79.00 through R199.00Wanneer die koppige maar geliefde Oom Nols weier om van sy ou motor, Skedonkie, afstand te doen, begin sy dogter en kleinseun bekommerd raak oor sy gesondheid en toekoms. Wat aanvanklik ’n eenvoudige gesprek oor ’n testament en ’n nuwe motor is, groei uit tot ’n diep ontroerende verhaal oor familie, verganklikheid en die bande wat geslagte verbind.
Deur klein oomblikke, ’n rit in die ou motor, ’n geselsie by die familiebegraafplaas, of ’n laggie oor ou herinneringe, ontdek André en sy oupa dat daar meer erfenis is as geld of grond: dis liefde, wysheid en stories wat oorleef. Skedonkie en die Erfdeel is ’n hartroerende familieverhaal vol humor, nostalgie en die sagte pyn van afskeid, ’n eerbetoon aan die eenvoudige dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Reviews
There are no reviews yet.