EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Somer in die Karoo

Price range: R79.00 through R179.00

Wanneer die vyftienjarige Lila na die Karoo gestuur word om by haar ouma te bly, voel dit vir haar soos ballingskap. Sy is gewoond aan die stad se neonligte, harde musiek en konstante beweging – nie aan stilte en oop vlaktes nie. Maar die Karoo hou geheime vas: ou stories, verborge grotte en ’n joernaal wat van generasies se kennis getuig. Met elke dag leer Lila dat stilte nie net leeg is nie – dit is ’n spieël. Haar ouma, ’n kruiedokter met ’n sagte wysheid, help haar om te ontdek dat die aarde se stem meer sê as die stad se geraas. Tog bring die stilte ook vrae waarvoor Lila nog nie gereed is nie. Somer in die Karoo is ’n verhaal van familie, erfenis en genesing – waar ’n jong meisie moet kies of sy haar hart oopmaak vir dit wat die verlede fluister, en of sy in haar eie donker skadu’s bly vassteek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Flenterkind

Price range: R89.00 through R209.00

Flenterkind is die verhaal van die tiener, Janey Lee Roux wat die prototipe is van baie van hedendaagse jongmense. Haar ouers is geskei; haar pa het ’n nuwe liefde, haar ma is meestal op ’n planeet van haar eie en haar jonger broer is eintlik ’n pyn op ’n sekere onnoembare plek.
Janey worstel om haarself te vind en sy is sommer kwaad vir alles en almal. Gelukkig het sy ’n baie goeie vriendin in Lindie; predikantsdogter wat ook haar grense troef so ver as wat sy kan. Flenterkind het ’n goeie skeut humor in. Asook drama, verrassings, hartseer en gelukkige eindes. Leesstof vir jonk en oud.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sekondes Tel

Price range: R79.00 through R199.00

Na haar ouma se dood beland Carmia in ‘n kinderhuis, vasbeslote om haar belofte na te kom om ’n beter lewe te bou. Op universiteit word sy geboelie oor haar agtergrond en gewig, maar vind onverwags vriendskap in Aiden en Mia – albei uitgestotenes met hul eie pyn. Carmia worstel om God se lig in haar lewe toe te laat, maar leer uiteindelik dat geloof, hoop en ware vriende haar kan help om haar drome en beloftes gestand te doen.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Jaar van skandes

Price range: R89.00 through R269.00

AnnMaree beeld in die boek uit van hoe ‘n jong meisie se soeke na ‘n lewe waarvan sy geen kennis dra, en waar sy veroordeel gaan word deur die kerk, gemeenskap en haar ouers. Is gay wees ’n gier? Bid ’n mens dit weg, of word ’n mens so gebore? Dit is van die vrae waarmee Petra worstel.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page