Die kop of stert van ‘n muntstuk is die maatstaf waarvolgens Johan sy keuses maak na jare in die tronk. Die gawe egpaar wat hom oplaai nooi hom om vir ‘n dag of twee by hulle oor te bly. Hy skiet die muntstuk op en die kop is bo.Maar hy moet in die Kaap kom om wraak te neem. Hy het vir agt jaar gesit, onskuldig.
Aan die Weskus leer hy mense ken wat ook seer het. ‘n Jong vrou met ‘n mank been wat diepnag in die kerk langsaan kitaar speel. Hy wil nie meer luister nie; sy verlede moet boet. Die kop van die muntstuk wen heeltyd, maar nou sê die tannie dat ‘n kind van die Here altyd die kop is en nooit die stert nie.
Hy glo egter nie daaraan nie, want wat het die Here al ooit vir hom gedoen?
Tears Between the Notes
Price range: R99.00 through R259.00Tears Between the Notes is a hauntingly beautiful memoir of a young girl’s desperate longing for love, identity, and music amidst the chaos of a broken home. Karien grows up in a world where poverty, alcoholism, and secrets threaten to silence the melody inside her. Born with music in her soul but no piano to play it on, she dreams of becoming a pianist while navigating a childhood filled with abandonment, lies, and pain. Raw, honest, and deeply moving, this is the story of one woman’s journey from a childhood of silence to a life where her voice, her truth, and her music finally break free. Tears Between the Notes is a song of survival — dissonant, defiant, and unforgettable.

marsdrey –
Van die begin van die verhaal af hou die skrywer jou aan die raai – wie is Johan en waarvoor was hy in die tronk, hoekom wil hy wraak neem? Dit is vrae wat al vroeg in jou kop begin maal.
Soos die verhaal ontplooi besef die leser dat hierdie ‘n verhaal kan wees van enigiemand in ons wêreld waar niks meer van waarde geag word nie, nie die huwelik nie, nie eerbaarheid nie, nie vriendskap nie.
Johan se gekose manier van besluite maak is ook baie wankelmoedig omdat dit op haat en bitterheid baseer is. Dit maak dat hy heeltemal irrasioneel dink – want wat weet ‘n simpel muntstuk nou wat die oplossing van enigiemand se probleme is? Tog is soos hy dit verkies en aanvaar …
Sy algehele teenkanting vir enigiets of iemand wat goed is of wil goed doen, word deur die skrywer uitmuntend uitgebeeld en ook sy irritasie daarmee as hy met goeie mense soos Ben en Alta te doen kry. Mense wat dieper kyk, mense wat nie oordeel nie en mense wat uit God se perspektief na ander kyk. Hy het nie gereken daarop om hom in sulke mense vas te loop en dat hulle sy heel eerste weldoeners sal wees nie.
Hy ken nie hierdie soort onvoorwaardelike aanvaarding en omgee nie … net die soort waar enige omgee ‘n prys kos. En hy het duur betaal …
Met sy wraak gedagtes as sy enigste metgesel, word hy tog geprikkel deur die mooi stem en soete klanke wat uit die kerkgebou kom laat in die nag en sy nuuskierigheid dring hom om te gaan kyk.
Sy ontmoeting met Jana besef hy nie, maar is die een ding wat sy hele lewe gaan verander in die jare wat kom. Die skrywer gebruik hierdie jongvrou se verhaal om aan Johan te wys dat slegte dinge met goeie mense gebeur en dat dit by jouself berus wat jy daarmee maak. Of jy toelaat dat dit jou lewe verwoes en of jy opstaan en besef net met God alleen kan jy wen.
Hy is egter vasberade om sy plan van wraak uit te voer … maar sy gaan hom nie toelaat om sy lewe so te verwoes nie. Op die mees kritiese tyd van sy planne vertel sy hom hoekom sy mank is …
Tog neem dit hom steeds jare of te besef dat kop of stert nie die antwoord is nie en dat die tannie reg was en kinders van God altyd wen en altyd die kop is.
Rhona Kotze kry dit reg om niks te verklap oor die uitkoms van Johan se lewe nie, die verhaal is volg wantroue, wraak, bitterheid, maar ook genade, goedheid, vertroue en onvoorwaardelike liefde.
‘n Moet lees verhaal, vol waarhede waarmee modern mens van ons tyd sal kan vereenselwig.
Marsofine Krynauw