SENDING WOESTYNWOLF speel af in die verre Noorde van Afrika.Inwoners van klein dorpies word aangeval en verwoesting word gesaai deur ’n groep bende wat bekendstaan as die Woestynwolwe. Een van die mediese tente word gebombardeer; twee dokters en ’n verpleegsuster wat diens verrig as: Dokters Sonder Grense, word ontvoer.
Die Weermag stuur ’n span van die Spesiale Magte om die bende vas te trek en die genadelose plundering van besittings en lewens te beëindig. Kaptein Gustav Minnaar en sy manskappe bevind hulle binne-in ’n nes van dwelm- en mensehandel.
Gaan kaptein Minnaar en sy span daarin slaag om die bende vas te trek en die persoon wat agter hierdie gruweldade sit, ontmasker? Gaan hulle die ontvoerde dokters opspoor? Gaan almal lewend uit hierdie verbete stryd tree?
Binne die omslag van SENDING: WOESTYNWOLF lê al die antwoorde. Die verhaal is gelaai met spanning en baie aksie, asook ’n tikkie humor en ’n ou liefde wat, ten spyte van die stryd teen gewetenlose plunderaars, dalk weer kan opvlam.
Maak jou maar klaar vir ’n paar asem-ophou-oomblikke…
Sending Woestynwolf (Grootdruk)
R169.00Wanneer ’n mediese tent in die Sudanese woestyn deur ’n aanval getref word, verander dokter Anja Siebert en haar kollegas se wêreld in ’n nagmerrie. Dokters word ontvoer, onskuldige mense vermoor en ’n seuntjie, Yara, verloor sy ma. Te midde van die chaos word ’n reddingsoperasie van stapel gestuur deur kaptein Gustav Minnaar en sy spesiale magte-span.
Vir Libbie Perreira is die verlede skielik weer lewendig. Die man vir wie sy eens lief was, staan nou aan die ander kant van die geweer.
