Storm Johanson, beroemde fotograaf vir TV-kanale soos National Geographic’s en BBC Earth, vertrek op ’n sending na Namibië om die skaars ietermagog te gaan fotografeer. Daar op Garub, die plaas aan die voet van die Karasberge, vind sy dan ook die liefde van haar lewe. Maar… Die lewe gebeur. Storm verlaat Garub en keer terug na Suid-Afrika, waar niemand haar ken of ongemaklike vrae vra nie.
Alleen in die Kaap, neem ‘n vriend haar onder sy vlerk. Storm begin as joernalis en fotograaf by die Oggendson werk, met haar geheim veilig weggebêre.
Sy kry op ‘n dag opdrag om ’n moord te gaan dek in Sandvlei, nie ver van Keetmanshoop nie. Dit blyk dat die moord dieselfde patroon volg as die opspraakwekkende moorde wat meer as ses jaar vantevore in die dieselfde dorp gepleeg is.
Aangesien Sandvlei Storm se geboortedorp is, moet sy kilometers vêr ry vir ’n simpel koerantstorie! Sy smeek die redakteur om iemand anders te stuur, want hoe op dees aarde gaan sy weer die inwoners van Sandvlei in die oë kyk? En om olie op die vuur te gooi… Garub, die plaas waar sy soveel liefde geken en gekry het, is redelik naby aan Sandvlei.
Storm word uit haar bewustelose toestand geruk deur die getjank van ‘n hond. Sy besef dat sy in die wrak van ’n motor vasgekeer sit. Wie sy is en waarheen sy op pad was, weet sy nie. Ook nie waarom die motor vol roosblare is nie.
Gaan Marcus Fourie, die baas van Garub, haar betyds opspoor en red van ’n gewisse dood?
Bloedrooi Papawers (Groot Druk
R179.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

marsdrey –
Dit was van die intrapslag af heerlik om weer ou vriende wat ek reeds raak gelees het in Franciska Mouton se novelle – Liefde soos geel magrietjies – raak te lees. Vir Marcus Fourie die baas van Garub en Storm Johanson het ek laas gelukkig agtergelaat, maar intussen het die lewe gebeur en Spore in die Dou is gebore.
Van die begin af het die boek my geboei, en my nuuskierigheid het geen perke geken nie. Die boek begin met ʼn klein intrige, wat dien as die hek na die groter misterie en moord drama wat volg. Jy word in afwagting gehou deur die skrywer deur die stukkies gevaar en intrige wat sy tussendeur ingooi.
Storm Johanson is op pad terug na haar geboorte dorp as verslaggewer, ʼn dorp wat sy ses jaar gelede agter gelaat het in die hoop om nooit weer daarheen terug te gaan nie. Maar skielik na ses jaar het die moorde wat almal geglo is opgelos is, weer begin.
Vinnig raak dinge baie ernstig en tref die noodlot Storm onverwags, maar dit is werklik daardie geluk by die ongeluk situasie op die einde. Die leser word die heel tyd op hul hoede gehou met die storielyn wat wissel tussen die gevaarlike en die hopelose by tye. Maar dan bring die skrywer jou net na die volgende verrassing en intrige.
Met groot vernuf loop intrige, menslikheid, haat, wraak, versoening en liefde hand aan hand in hierdie speur/liefdesverhaal.
Sy neem jou deur Namibië met sy kontraste, van Keetmanshoop tot in Windhoek. Haar beskrywings is lewens getrou, van die plante groei tot die landskap word goed beskryf en dra by die die egtheid van die storielyn.
Die skrywe hou dit interessant deur die emosie van haar leser met die verskillende gebeure te bly prikkel. Soms het jy medelye met die menslikheid van die karakters, die volgende oomblik stoom jy vir die gebeure.
Spore in die dou is ʼn boek wat ek definitief sal aanbeveel vir enig iemand. Die balans van intrige en liefde maak dit ʼn boek wat almal kan lees.
Baie geluk en welgedaan Franciska Mouton.
Marsofine Krynauw