Erin Rossi, ʼn jong vooraanstaande interieur-ontwerper van Syracusa, Sisilië, in Italië, word deur haar groot kliënte Aurora en Enzo genooi vir hul huis onthulling in Taormina. Buiten dat die gaste nie uitgepraat kan raak oor die pragtige dekor en ontwerpe van Platinum Villa nie, betower sy almal met haar skoonheid en pragtige geaardheid.
Net wanneer die skone Erin deur Aurora aan haar gaste voorgestel word, kom Massimo Lombardi, ʼn baie aantreklike vrygesel en die eienaar van die Bellview Grand hotel, die vertrek binne. Die skone Erin het dadelik meer as net sy aandag getrek.
Binne dae kontak hy haar onder die voorwendsel dat hy van haar professionele dienste wil gebruik maak om die Bellview Grand ʼn nuwe gesig te gee. Hy draai die sjarme krane van die begin af wyd oop, maar die professionele, beginselvaste Erin hou hom op ʼn afstand alhoewel sy nie onverskillig teenoor hom staan nie. Sy stel hom voor ʼn keuse: of sy neem die projek aan, óf hul gaan in ʼn verhouding. Indien hy wil hê dat sy die projek moet doen, sal hy maar moet wag om haar die hof te maak tot nadat die projek voltooi is. Sy hou hom by hierdie werksetiek van haar. Kort daarna begin hul ʼn liefdesverhouding, wat binne ʼn maand lei tot hul troue. Ongelukkig was Erin nie bewus van Massimo se casanova lewe voor hy haar ontmoet het nie.
Hier ontspoor Erin se lewe geheel en al. Dít is waar die tweeling van liefde, haat raak …
Byt van die Bloedhond
Price range: R129.00 through R319.00’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort ná opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wêreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.

Reviews
There are no reviews yet.