Soos jy lewe, so sal jy sterwe…
Eduard en Engelhard Dijkstra is ‘n identiese tweeling wat so identies is, selfs al woon hul in verskillende dorpe, dieselfde aantrek. Daar is net een verskil – Eduard is ’n geharde dwelmbaas al vanaf ‘n baie jong ouderdom, en Engelhard is ‘n gesins- en besigheidsman.
Vir Engelhard en sy vrou Bea, word daar ook tweelingseuns gebore, glad nie identies nie. Kort na hul geboorte kuier Eduard by Engelhard en hulle gaan daagliks na Engelhard se drie Boerejongens koffiewinkels. Dit is voor een van hierdie koffiewinkels waar een van die tweelingbroers vermoor word. Dit is definitief Eduard, want die dwelmbase het moeg daarvan geraak dat hy hul besigheid oorneem in die strate van byna elke groot stad in Nederland.
Die tweelingseuns van Engelhard en Bea erf alles van hulle oom Eduard. Spoedig is hulle groot manne. Pascal lyk nie net soos sy oom nie, hy is ook net so ’n goeie besigheidsman. Albert aan die ander kant, is ’n begaafde Tjellis.
Net voor die manne skool verlaat om universiteit toe te gaan, begin Engelhard vir Pascal alles van besigheid in die praktyk leer, hy moedig hom ook aan om in die cannabis-handel in te gaan.
Na ‘n baie traumatiese gebeurtenis in Pascal se lewe, spits hy hom toe op baie meer as die cannabis-handel en raak gou ‘n gehate teenstander in die onderwêreld. Daar is net een probleem, hulle kry hom nie in die hande om hom te elimineer nie.
Die familie word geskud deur ‘n paar ontdekkings uit die verlede. Sal hulle dit deurstaan? Sal Pascal dit regkry om sy oom se dood te wreek en self lewend daar uit te kom?
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026
Price range: R129.00 through R329.00Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.
Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.

Reviews
There are no reviews yet.