Wolfgang Stegman is enigste erfgenaam van Walter Holden se boedel. Dit sluit Wolf se geboorteplaas Uitsig in, wat sy ouers verloor het toe hy nog ’n kind was. Hy word ontbied na die prokureurskantore MILLER & SHANNON. Van die oomblik wat hy die prokureur ontmoet wat die boedel beredder is hulle haaks, maar raak tog daarna goeie vriende. Uitsig lê egter soos ’n eiland in die middel van Vaal Safari Game Lodge & Resort. Benewens die vakansie- en gastelodge reël hulle ook jagsafaris en teel onder andere met ingevoerde eksotiese wildsoorte soos Bengaalse tiere, Suid-Amerikaanse jaguars, ens. Die eienaar van die vakansieplaas probeer vir jare om Uitsig te bekom en sy is bereid om die prys te verdubbel. Lana Miller is Anneline Kent se regsverteenwoordiger hier in Natal en ook ’n baie goeie vriendin van haar, maar sy waarsku Wolf egter dat die beeldskone blonde Anneline ’n geniale besigheidsbrein het, en gewoond daaraan om haar sin te kry. Lana nooi Wolfgang saam na ’n funksie vir oorsese besigheidsvriende wat belangstel om leeus en tiere by Anneline te koop. Groot is sy verbasing om sy Russiese vriend, Yuri Pasternoff, by die geleentheid raak te loop, asook die vrou wat sy liefde in die gesig teruggegooi het.
Op Yuri se aandrang stem Wolf in om hulle te help met die tem en opleiding van die diere.Nooit het Wolf kon dink dat ’n vrou ooit weer sy hart sal sagmaak nie, maar is die liefde vir hom beskore?
Tyd van die Leeu (Groot Druk)
R319.00In Tyd van die Leeu, deur Sybie Kleynhans, volg ons die lewe van Gerhard Brandt, ’n stoere Vrystaatse boer met ’n
donker verlede en ’n hart vol geheime. Wanneer sy geliefde, Chiara, ‘n Italiaanse magnaat met groot ambisie, besluit om
hulle romantiese idille vir ‘n wêreld van luuksheid en besigheid op te gee, word Gerhard gedwing om sy prioriteite te
hersien. Terwyl spanning tussen hulle toeneem, word hulle lewens ingewikkeld deur die dreiging van kriminele invloede
en politieke spanning binne ’n geheimsinnige beweging…

marsdrey –
Wow! Wow! Wow! Sybie Kleynhans het met hierdie boek al my stoutste verwagtinge oortref.
ʼn Pragtige verhaal oor die lewe wat met Wolfgang Stegman gebeur. Die man met die hart vir wilde diere, wat in buitengewone omstandighede moes grootword deur die onderduimsheid van geld lustige familie. Dit alle het hom net ʼn sterker man gemaak, ʼn man met ʼn liefde so groot soos die heelal vir sy land, wilde diere en sy taal, Afrikaans. Dit laat hom as temmer in ʼn sirkus beland en daar deel die lewe verder klappe uit as hy sy werk en ook sy groot liefde moet vaarwel roep omdat hy ʼn Suid-Afrikaner is.
Maar die wiel draai mos, soms net stadig. Wanneer die wiel vir Wolf begin draai, word hy verras deur die uitkoms van sy oom aan moederskant se testament wat bepaal dat hy dieselfde plaas wat hul jare gelede ontneem is as gevolg van geld lus en afguns, erf. Daar moet Lana Miller leer, dat Wolf Stegman nie jou gewone jongman is nie, en hom glad nie laat rondstoot van mense met geld nie. Dit is hier waar dinge begin erg interessant en ook baie, baie gekompliseerd raak. Sy buurvrou is nog ʼn bedorwe rykmansdogter en beeldskoon, ʼn kombinasie wat net moeilikheid kan voorspel. Sy kry altyd wat sy wil hê en dit wat sy nie kan kry nie, koop sy! Sy wil vir Uitsig hê, want dit is in die middel van haar gasteplaas! Uit die staanspoor is Wolf en Anneline Kent soos vuur en petrol – en die een ontploffing volg op die volgende.
Tog het die lewe ʼn manier om mense te neem waar hulle gedink het hulle nooit sal loop nie. Dit alles word net nog meer gekompliseer wanneer Wolf se vorige baas van die sirkus in Moskou, die vrou wat hy moes agterlaat, haar miljoenêr man en sy dierbare vriend Juri op die toneel verskyn.
Met ʼn bietjie hulp van Flaffy, Wolf se makgemaakte leeu kind, neem sake ʼn ander wending. Glo my hier raak dinge erg interessant. Gaan Wolf en Anneline mekaar ooit vind? Hoe gaan die teenwoordigheid van Tanya, sy vorige liefde dit alles beïnvloed? Gaan Wolfgang Stegman ooit vrede vind op sy plasie teen die Vaalrivier?
Hierdie verhaal wat gepak is met hartseer, verraad, teleurstelling, passie, liefde en humor is een van die beste, indien nie die beste boek wat ek nog gelees het nie. Soveel aksie, vreugde, intrige en emosies sal jy ver gaan soek om in een boek te kry. Sybie Kleynhans se skryfstyl is uniek en verfrissend. Toe ek die boek begin lees, kon ek dit eenvoudig nie neersit nie. Meer as een maal het ek so lekker gelag, dat die trane loop. Hy het net ʼn unieke manier van dinge anders skryf, met meer humor en absolute uniek aan sy persoonlikheid, soos bv. ‘die woede sit wydsbeen oor sy skouers’, ‘die woede trap op sy hart’ en ‘versmoor sy glimlag’. Hierdie is maar net ʼn voorsmakie van die rykdom van beelde in hierdie boek.
Volmaan oor die Vaalrivier sal ek ten sterkste aanbeveel vir almal om te lees. Die boek is met ʼn pragtige sagte aanslag geskryf, sonder enige eksplisiete tonele, maar tog genoeg opwinding om jou te dryf om dit nie neer te sit nie.
Sybie, baie geluk met ʼn puik, puik verhaal wat meesterlik geskryf is. Ek kan nie wag om die volgende en alle voriges uit jou pen te lees nie.
Marsofine Krynauw