Thor en Marlene leer dat liefde nie slegs vir die jeug bestaan nie. Dit is bewys dat hartstog ʼn man se kop in enige seisoen kan laat draai en dit is beslis moontlik om jou hart enige tyd te verloor. Kupido se bogie is immers nie net in die lente werksaam nie. Ongelukkig is daar geen waarborge dat alles, altyd vlot sal verloop nie. Die verlede huiwer boonop op die agtergrond, en saam met die liefdespad wat geloop moet word, sal daar altyd uitdagings opduik wat sy eie hartseer en pyn inhou. Wysheid kom ook nie noodwendig met die jare nie. Wanneer Thor besef sy enigste ooilam het so stilweg ’n pragtige, deugsame vrou geword, en daarby saam moes hoor dat daar ’n haantjie is wat wil kom pik-pik in sy hoenderhok, moet hy noodgedwonge by Marlene gaan aanklop vir raad. Voordat hierdie liefde kan ontkiem, is daar baie aspekte wat in ag geneem moet word, raaisels moet opgelos word. Indien dit ʼn vrugbare seisoen is, kan daar langtermyn besluite geneem word.
Is hierdie die geskikte seisoen vir liefde om te bot?
Pretty boy en sy ooitjie (Groot Druk)
Price range: R89.00 through R299.00Wanneer Ruben instem om vir ’n paar maande sy vriend se suster, Marietjie, met die plaas te help, dink hy dit gaan ’n
eenvoudige guns wees. Wat hy egter nie verwag nie, is die vurige boervrou met heuningblonde hare, ’n skerp tong en ’n
hart wat diep letsels dra.

Reviews
There are no reviews yet.