Elsa en Wimpie is twee kuikens op Oupa Thys se plaas. Daar is ook eende, honde en ‘n visdam in die tuin. Wimpie is baie avontuurlustig en wil altyd nuwe dinge probeer maar is nog bietjie skrikkerig om alles alleen te verken.
Oupa bring ‘n nuwe hoenderhaan werf toe wat groot opskudding veroorsaak. Wie loop so kaal rond – of het hy dalk een of ander siekte?
Na die reën lyk alles anders. Daar is stroompies wat vloei en goed wat in die waterstrome afspoel. Een van die avonture neem Wimpie en Elsa verder as gewoonlik van die huis af. Hier vind hulle iets baie grillerig maar nuuskierigheid vier hoogty.
Wimpie en Paul gaan kyk hoe die grond weg gespoel is deur die water. Saam het hulle ‘n noue ontkoming in die vrugteboord met ‘n stroom water wat skielik van die berg af stroom. Deur saam te werk maak hulle ‘n plan om uit die penarie te kom.Elsa het haar eie avontuur in die visdam. Haar nuuskierigheid kos haar amper baie duur maar in die proses help sy vir Oupa om die swak plek in sy beplanning raak te sien.
Rose vir Olivia (Groot Druk)
R299.00Olivia se huwelik lyk perfek van buite – ’n aantreklike dokter as man, ’n suksesvolle lewe en ’n toekoms wat belowend lyk. Maar agter geslote deure begin krake wys. Charl se besitlikheid, sy geheime en sy behoefte aan aandag dreig om alles te vernietig waarvoor sy geveg het. Wanneer Olivia probeer verander om haar man se liefde terug te wen, besef sy stadig maar seker dat sy besig is om haarself te verloor. Hoe ver is sy bereid om te gaan om haar huwelik te red – en teen watter prys? Intussen veg Rudi om sy vrou, Lara, uit die greep van verslawing te red, terwyl hul liefde stadig verbrokkel onder die gewig van verlies en pyn. Twee huwelike. Twee gevegte. Een waarheid: liefde alleen is nie altyd genoeg nie. Wanneer die waarheid uiteindelik uitkom, moet elkeen besluit – veg hulle verder, of stap hulle weg?

Reviews
There are no reviews yet.