Op die plaas sorg drie hane vir groot opwinding, veral die wit haan wat sommer gou baklei. Iemand sien sy humeur en besluit om pret te hê – maar hoekom skrik Haan so vir ’n hemp op die gras? Intussen wil Dollie gaan swem sonder om na Ouma of Haan te luister – gaan sy haar les leer voor sy in die moeilikheid beland? En hoekom raas die alarm elke oggend so vreeslik? Ron en Rudie gaan ondersoek instel … as hulle dapper genoeg is!
Ek is slimmer
Price range: R59.00 through R139.00Krisjan Kriek dink hy’s slim, maar Sebastiaan Slang glo niemand kan by hom kers vashou nie! Die twee hou mal weddenskappe – van wegkruipertjie in die huis tot ’n gomvalletjie-speletjie wat heeltemal skeefloop. Selfs die kuikens en muise raak betrokke wanneer Sebastiaan onverwags ’n kuikentjie red! Wie is regtig die slimste op die plaas? Kan hierdie twee teëstanders dalk vriende word? ’n Heerlike storie vol streke, avontuur en pret wat jou laat lag en jou hart warm maak!

Reviews
There are no reviews yet.