Daar is min dinge so troostend soos ‘n warm koppie rooibostee – eenvoudig, eg en vol genesing. Rooibos Tee – Stil oomblikke vir die siel nooi jou om vir ‘n oomblik stil te raak, diep asem te haal en weer God se vrede te ontdek. Deur 52 inspirerende weekstukke, gevul met bemoedigende oordenkings, eerlike refleksievrae, gebede, Skrifgedeeltes en positiewe affirmasies, neem Alida de Bruyn jou op ‘n reis van herstel, selfontdekking en geloof. Hierdie boek herinner jou dat jy nie alles alleen hoef te dra nie en dat elke nuwe dag ‘n vars begin kan wees. Maak vir jou ‘n koppie rooibostee, kom sit ‘n rukkie en laat hierdie bladsye jou hart vul met hoop, rus en die sagte wete dat God jou elke tree van die pad dra.
Liefde in Gevangenis
Price range: R129.00 through R309.00Wanneer Amanda, ‘n eensame prokureursklerk, briewe begin skryf aan ‘n bekende joernalis op death row, word sy onverhoeds in ‘n web van korrupsie, gevaarlike kriminele transaksies en mensehandel ingetrek. Sy moet vasstel wie laaste die waarheid praat—en wie bereid is om daarvoor te sterf.
