Wanneer André Neethling in die middel van die nag vermoor word, is dit duidelik dat hierdie geen gewone moord is nie. Die moordenaar het nie net sy lewe geneem nie – sy hand is afgekap en ’n hartvormige briefie met ’n geheimsinnige Italiaanse boodskap is op sy bors gelaat. Inspekteur Frik Martins word met die ondersoek belas. Hoe meer hy probeer uitvind, hoe meer vrae ontstaan. Daar is geen duidelike motief nie, maar een ding staan vas: die moordenaar het ’n boodskap om oor te dra. Dan volg nog ’n grusame moord. Dieselfde patroon. Dieselfde boodskap.
Die Maan Huil Bloed (Groot Druk)
R299.00Toe Trudie van den Broek onverwags hoor dat sy die dogter is van ’n onbekende Portugese vader, verander haar lewe
onherroeplik. Sy erf nie net ’n groot plaas aan die voet van die Soutpansberge nie, maar ook ’n duister geheim wat soos
’n gif deur geslagte vloei. Kort ná haar vriendin se geheimsinnige dood ontvang sy ’n bloedbevlekte waarskuwing: “Vat
jou goed en trap.” Wat begin as ’n reis om haar erfenis te ontdek, ontaard in ’n nagmerrie van moord, bedrog en wraak.
Iets of iemand waak oor Mount Nest — en die maan huil bloed oor almal wat daar kom.

Reviews
There are no reviews yet.