Die storie gaan oor ‘n wanaangepaste 18-jarige seun wat kort ná sy 18de verjaarsdag van sy ouerhuis vir die langarm van die gereg moet vlug. Hy en sy hond Oudien beland op ‘n plaas in die suide van Suidwes waar hy probeer om ‘n nuwe lewe vir hulle te skep.
Ongelukkig gryp die noodlot in en hy moet opnuut die nag invlug. Hy kies koers na die verlate Namib waar hy by die Tsarisberge beland. Speurders en ‘n onervare polisieman is egter op sy spoor in die berge waar hy wegkruip.
‘n Nabye familielid van een van sy slagoffers maak onverwags sy verskyning op die toneel om ‘n einde aan Dawid Serdyn se vlugtog te maak.
‘n Uittreksel uit die boek.
Die bloed het trane gemaak waar dit teen die muur afgeloop het om skel die wraak van ‘n besetene aan te kondig. “DIE DOOD IS HIER,” het dié mens met die bloed geskryf.
Met dieselfde presisie nes hy die houtstompe oopkloof, tref Dawid die seun se vingers wat hy teen die kneukels afkap. Dit lê leweloos eenkant, met bloed wat uit die seun se vingerlose hande stroom.
Pon sien die flits van die son op die geweer se loop en weet uit jarelange ondervinding wat dit beteken. Pon hoor die skoot klap, maar dit is reeds te laat.
Tell The Devil
Price range: R99.00 through R339.00In the murky underworld of covert justice, Mikey is the silent executioner. A former special forces operative, he wields his lethal skills with precision, but there’s one unbreakable rule: his targets must be guilty. In a world where justice wears a shadowy mask, Mikey must navigate treacherous alliances, confront his own demons, and fight for redemption. But as the stakes soar, he realizes that some sins can’t be buried—they demand retribution. In a world where justice wears a shadowy mask, Mikey must navigate treacherous alliances, confront his own demons, and fight for redemption. But as the stakes soar, he realizes that some sins can’t be buried—they demand retribution.

Reviews
There are no reviews yet.