Neriah Bloemendal, die wêreldkampioen gimnas, kuier vir ʼn paar dae by haar afgetrede ouers in Lambertsbaai aan die Weskus. Net voor sy terug gaan Amerika toe vir een van haar groot vertonings, tref ’n groot krisis hul familie. Haar jongste broer, Marnus, word gevang met ʼn groot besending dwelms en sy weiering om inligting in verband met die dwelmsindikaat te verskaf, maak alles net nog moeiliker.
Die Bloemendal-familie het skaars kans gekry om hierdie slegte nuus te verwerk, of Neriah verdwyn self op ʼn baie misterieuse manier. Die hulp van speursersant Whitelock van die Vermiste Persone tak moes dringend ingewin word om sersant Annandale met die ondersoek te help. Albei hierdie regsmanne besef maar te goed dat indien die media moet agterkom dat sy vermis word, daar baie druk op hulle geplaas sal word om haar te vind. Sy is immers ʼn huishoudelike naam reg oor die wêreld!
Is sy ontvoer, en hoekom? Hou dit verband met haar broer se inhegtenisname as dwelmhandelaar? Waar moet hulle begin soek? Gaan hul Neriah lewend kry?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.