Een van die betekenisse van slampamper is om “doelloos of bloot vir dieplesier rond te loop: ‘n Mens slampamper langs een van ons verruklike strande of dwaal deur ‘n hawetjie” (‘Volksblad’ 19 September 1958).Slampamperings hoef nie net altyd voete-op-die-grond ervarings te wees nie. Dit kan ook visuele of geestelike ervarings insluit, en dit het die potensiaal om na groter bewuswording te lei.
“Slampamperpad” is eintlik ‘n gedeeltelike outobiografie in vermomming. Dis ‘n onsistematies-gerangskikte beskrywing van ‘n stuk lewensverloop met groot ruimtes tussen-in. Dit wyk gedurig af van die tipies-outobiografiese verwysing na die self, en sluit ander se lewens in, ander se ervarings, ander se sienings. Meeste lesers mag dalk saamstem dat die genre ‘n tipe verwerkte reisbeskrywing is. Die roete is erg kronkelend, maar gelukkig darem besprinkel met skeute humor om elke draai.
Vreesloos Vrees
Price range: R129.00 through R379.00Hierdie aangrypende memoire deur Andri Nieuwoudt neem die leser op ’n eerlike reis deur die werklikheid van blaaskanker en die pynlike uitdagings van sy vrou se demensie. As geneesheer kyk hy met insig na sy eie diagnose, terwyl hy ook die emosionele impak van sy sterflikheid en prioriteite ondersoek. Terselfdertyd dra hy die las van mantelversorging vir sy vrou, met al die onsekerhede en hartseer wat haar dementia meebring. Deur sy openhartige vertelling weef hy ’n storie van pyn, hoop, liefde en moed wat die leser uitdaag om oor die krag van die menslike gees na te dink.

Reviews
There are no reviews yet.