Een van die betekenisse van slampamper is om “doelloos of bloot vir dieplesier rond te loop: ‘n Mens slampamper langs een van ons verruklike strande of dwaal deur ‘n hawetjie” (‘Volksblad’ 19 September 1958).Slampamperings hoef nie net altyd voete-op-die-grond ervarings te wees nie. Dit kan ook visuele of geestelike ervarings insluit, en dit het die potensiaal om na groter bewuswording te lei.
“Slampamperpad” is eintlik ‘n gedeeltelike outobiografie in vermomming. Dis ‘n onsistematies-gerangskikte beskrywing van ‘n stuk lewensverloop met groot ruimtes tussen-in. Dit wyk gedurig af van die tipies-outobiografiese verwysing na die self, en sluit ander se lewens in, ander se ervarings, ander se sienings. Meeste lesers mag dalk saamstem dat die genre ‘n tipe verwerkte reisbeskrywing is. Die roete is erg kronkelend, maar gelukkig darem besprinkel met skeute humor om elke draai.
Nutria met ‘n bajonet volume 1
Price range: R159.00 through R379.00Van swoeg in bruin uniform, wat amptelik bekend gestaan het as nutria, oor klipkoppe, deur doringruigtes, tussen Namibduine en in Caprivisand. Van oorlogvoering. Van studentelewe en plan maak vir oorleef. Liquorice, soetkoekies, tabak en drank.
Hoe ‘n vrou se lyf kan verlei. Net n baie dapper man trou met ‘n mooi vrou. Selfs moor vir haar.

Reviews
There are no reviews yet.