Dreigend staan die swart silhoeët in die verte met mis wat spookagtig uit die aarde trek. Viazma, ‘n ou asylum, met al sy geheimenisse en wreedhede weggesteek in ‘n diep donker woud. Die tweeverdiepinggebou het honderde vensters wat dreigend na die woud staar. Rondom die gebou is geen gras of blomme nie, net strak swart grond en hier en daar ’n boom wat eensaam en uitgedroog staan. Niemand mag weet van haar geheime nie. Wat alles binne haar bose hart aangaan nie. As jy eers oor haar drumpel getree het en haar giftige asem in jou nek gevoel het, is daar geen uitkoms vir jou nie. Soos legendes lui: As jy een oggend in Viazma opstaan en die bed langs joune is leeg – beteken dit nie die persoon is ontslaan nie…
Somer in die Karoo
Price range: R79.00 through R179.00Wanneer die vyftienjarige Lila na die Karoo gestuur word om by haar ouma te bly, voel dit vir haar soos ballingskap. Sy is gewoond aan die stad se neonligte, harde musiek en konstante beweging – nie aan stilte en oop vlaktes nie. Maar die Karoo hou geheime vas: ou stories, verborge grotte en ’n joernaal wat van generasies se kennis getuig. Met elke dag leer Lila dat stilte nie net leeg is nie – dit is ’n spieël. Haar ouma, ’n kruiedokter met ’n sagte wysheid, help haar om te ontdek dat die aarde se stem meer sê as die stad se geraas. Tog bring die stilte ook vrae waarvoor Lila nog nie gereed is nie. Somer in die Karoo is ’n verhaal van familie, erfenis en genesing – waar ’n jong meisie moet kies of sy haar hart oopmaak vir dit wat die verlede fluister, en of sy in haar eie donker skadu’s bly vassteek.

marsdrey –
Viazma is die eerste boek van Margaret wat ek gelees. Die rede: ek kon eenvoudig nie wag om te lees waaraan hierdie mooi vrou vir byna 25 jaar af en aan geskryf het nie.
Sy het my definitief verras. As jy van aksie hou, van die misterieuse wat grens aan ʼn riller, dan is hierdie definitief die boek vir jou.
Sy boei haar leser van die begin af met die manier waarop sy elke toneel met so ʼn tikkie misterie beskryf. Die hare in jou nek bly so half regop staan deurentyd.
Vir die wat dalk nou van mening is dat hulle niks van rillers hou nie, wel ek ook nie, maar hierdie is nie net ʼn riller of nie net misterie nie. Dit is ʼn pragtige verhaal van liefde, ouer liefde en die gemis van dierbares wat afsterwe.
Die mooi van nuwe liefde en ondersteuning. Die bekende van werknemers wat vol politiek en soms baie onregverdig kan optree.
Daar is eenvoudig nie een vervelige oomblik in hierdie verhaal nie. Net soos jy dink jy weet wat volgende gaan gebeur, dan vind jy gou uit jy het jou misgis.
Dit is ʼn moet lees boek, vol aksie en met ʼn verrassende einde. Baie geluk Margaret met hierdie puik stuk leesstof.
Marsofine Krynauw