Wanneer Juffrou Alta Swart die twee seuns aanspreek oor die grapmakery en elkeen ‘n stoflap in die hand stop, sou geeneen besef wat die nagevolge gaan wees nie.Jasper is besig by die onderste rak toe hy meteens na Karel roep om te kom kyk dat die agterkant van die rak los is. Karel los die boeke waarmee hy besig is en kyk waarna Jasper beduie. Weliswaar, die agterste houtpaneel van die rak is los. Jasper druk sy palm teen die paneel en druk dit eenkant. Dit skuif agter die paneel langsaan in. ? Vierkantige, donker opening is meteens sigbaar.Waarheen sou die geheime ingang lei en wat sou die twee ontdek? Is hulle in hulle avontuur opsoek na iets… dalk ‘n skat? En wat sou die ou koerant openbaar wat hulle weggesteek het om die aand in hul kamer te lees?
Roan se Avonture en Ander Stories
Price range: R69.00 through R159.00Margaret Barnard neem die jongspan op ‘n avontuurreis saam met Roan. In elke storie is daar ‘n les om te leer. Met die volkleur illustrasies kan dit kinders na ‘n fantasie wêreld van hulle eie neem.
Kinders wat lees, het baie ondersteuning en aanmoediging nodig. Roan se avonture en ander stories is spesiaal geskryf om jong kinders die plesier van lees en die doel van stories te laat ontdek.

Reviews
There are no reviews yet.