Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.
Stap saam deur 2021 – Bundel 2
Price range: R99.00 through R319.00Stap Saam Deur 2021 – Bundel 2
Terwyl ek so deur die gedigte gaan kon ek nie help om spontaan aan Sonja Herholdt se liedjie Loop saam loop saam deur my lewe… te dink nie. En dit is presies wat ons doen deur saam te stap deur 2021. Ons beleef saam met elke digter die emosie en die woorde.
2021 was veronderstel om ons gesond-word-jaar te wees maar weereens was dit nie ons wil nie. Daar is altyd ʼn groter doel vir ons beskik. Ons trap diep spore in die digkuns-wêreld en ons los ons nalatenskap aan ons naaste asook ons taal. Maar ek glo nie enige van die mense sal ooit verstaan waarvandaan ons woorde kom nie. Hoe diep ons moet delf, beleef en selfs leef om die seer, die blydskap, vreugde en hartseer neer te skryf nie.
Mag hierdie stel bundels van 2021 jul herinneringe lewendig hou.
