Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2023
Price range: R99.00 through R399.00Boodskap aan ons digters en nageslag
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, oor ons ewige gebergtes, waar die kranse antwoord gee… kom die mooiste klanke van ons Moedertaal, Afrikaans. Afrikaans is die taal van die digkuns en Die Nuwe Era Groot Verseboek 2023 is weereens ’n bewys daarvan. Tog spreek die digkuns die emosionele kant van ons menswees aan daarom is dit die taal van ons hart en los ons dit as erfenis. Eendag sal ons nageslag besef hul hartskamer is vol woorde-erfgoed wat kleur aan die lewe geeen wanneer die digter ons verlaat en die herinnering stadigaan kwyn, bly die woorde die werklikheid wat Afrikaans sal staande hou. Mag ons woorde altyd lewendig gehou word deur die digkuns.

Reviews
There are no reviews yet.