Liewe leser,
Dit is só ‘n voorreg om my gedagtes vir jou neer te lê. Baie dankie dat jy moeite doen om hier te lees. Jy, die leser van hierdie gedigte, is baie kosbaar!
Neem die boek as jy saam met my wil droom en net lekker ontspan. En wanneer jy die Bybelse gediggies lees, gaan saam met my na jare, onbekend vir meeste van ons, maar tog so dieselfde op ‘n meer moderne manier. Baie van die Bybelse verhale is vergete en hiermee probeer ek dit weer bietjie nader bring.
Emmersvol
Price range: R89.00 through R159.00Emmersvol is ’n digbundel wat die leser nooi om stil te staan by die klein en groot oomblikke van die lewe – die
vreugdes, die verlange, die vrae en die geloof. Johanita Viljoen skep beelde vol kleur, geure en emosie wat jou
herinner aan die skoonheid van die natuur, die warmte van liefde en die krag van hoop. Met gedigte wat wissel van ligte
verwondering tot diep geestelike insig, bied die bundel ’n oorvloed van troos en inspirasie. ’n Waarlik hartvolle
versameling – ’n emmer vol woorde wat oorloop van geloof, liefde en lewe.

Reviews
There are no reviews yet.