Hansie, n voormalige presidensiële lyfwag wat onlangs vir God ontmoet het, probeer om sy lewe om te keer. Die roeping om n herder te wees is sterk op sy gemoed, maar sy verlede staan tussen hom en sy toekoms. Nog een laaste kontrak, voor hy kan oor begin. Hy tel die verkeerde pakkie op, en wanneer hy besluit om 20 jaar se korrupsie, gestoor op drie eksterne hardeskywe, aan n joernalis te oorhandig om die korrupte kabinetsministers en SAPD-lede te ontbloot, is dit waar dinge lelik skeefloop. Die ministers en SAPD-lede betrokke by die korrupsie, besef met die verdoemende bewyse teen hulle, gaan hulle in groot moeilikheid wees. Hulle stuur hulle bloedhonde om Hansie en die hardeskywe op te spoor en te elimineer. Tussen wegkruip en vlug raak Hansie betrokke in n liefdesdriehoek en is in n groot geestelike stryd gewikkel. Hy word verraai deur sy eie spanlede, wat die Valke op sy spoor sit. Was die gebreekte vertroue goed bedoel, of was dit om hom te vernietig? Tydens sy strewe na geregtigheid, beland hy in n kamer met vier deure, waarvan drie deure nog deur niemand oopgemaak was nie. Siener van Rensburg het in 1884 in n visioen gesien dat n stukkende herder een van die deure sou oopkry en die hele land verander. Is Hansie dalk daardie herder?
Hande van n monster
Price range: R69.00 through R189.00Magdaleen weier chemobehandeling, om haar ongebore baba ’n beter kans te gee op oorlewing – die seun wat sy gedink het haar huwelik weer aanmekaar sal gom. Sy sterf toe klein Ricardo twee maande oud is.
Met ’n afwesige pa, neem die oudste dogter, Elisna, die verantwoordelikheid oor om haar twee jonger sussies en bababoetie te versorg. Met behulp van hulle jare lange huishulp kom hulle baie goed reg, totdat Andreas ’n vrou wat vir hom gewerk het gaan haal om na hulle om te sien.
Voor Andreas is sy ’n engel, agteraf kom die duiwel na vore.
Wanneer die rooikopseun Elisna waarsku om haar bababoetie van Heidi af weg te hou, begin sy ondersoek instel wat agter die slaapkamer se geslote deure aangaan. Die blou babaskoentjies, swart boek en inskrywing agterop die foto van die hand wat die blouswart roos vashou, laat Elisna besef hoe gevaarlik hierdie vrou werklik is, maar hoe kry sy haar uit hulle lewens? Haar pa wil niks verkeerd weet van Heidi nie.

Reviews
There are no reviews yet.