Die verhaal speel af in Bloumaanbaai se koraalrif – die hart van die see.
Daniël, ’n wyse groen seeskilpad, het vroeg in sy lewe besef hy is anders. Sy dop was los van sy lyf, nie vas soos ander seeskilpaaie se doppe nie. Sy ma het dit een keer “uniek” genoem, en hy sal dit nooit vergeet nie. Dit het die mooiste patrone, baie soos ’n brein-koraal, wat hy eenkeer op ’n reis in die Indiese oseaan gesien het. Hy dra van kleins af ’n kleurvolle das. Hy voel altyd bietjie trotser, as hy sy das aan het, en dit rond sy dop al te mooi af. Maar wanneer ’n swerm selfsugtige seewiere sy kosbare dop steel, begin ’n avontuur soos geen ander nie!
Saam met sy skaam, onsekere vriend, Liam die seekat, beraam die vriende planne en skraap al hulle moed bymekaar om Daniël se dop terug te kry. Die avontuur neem hulle na die donker seewier-woud en toets die ware betekenis van vriendskap.
“HOU MY DOP.” Is die eerste boek in die opwindende onderwater-storie reeks. Dis ’n lekker selflees boek vir kinders maar ook ’n opwindende voorlees boek vir ouers.

Reviews
There are no reviews yet.