Jannie het nie vriende nie, want hy hakkel baie en dan spot die kinders hom. Sy vriende is die diertjies en die voëltjies in die woud naby hulle huis. Eendag, terwyl hy in die woud hoog in ’n boom sit en voëltjies teken, sien hy ’n beweging dieper in die woud.
Het sy oë hom bedrieg, of het hy werklik ’n heks gesien?
Hy weet hy mag nie dieper in die woud gaan nie, maar hy is darem baie nuuskierig. Hy sluip dieper die bos in met sy verkyker en hou hy die gedoente versigtig dop. Dis toe sowaar ’n Heks wat besig is om iets in ’n groot pot te kook.
Hessie betrap Jannie wat haar deur sy verkyker dophou. Sy kort nog vyf goed vir haar brousel en Jannie moet dit vir haar kry. In ruil daarvoor sal sy hom genees van sy gehakkel.
Van die ontmoeting met die Heks en sy avontuur om die vyf items op die nota bymekaar te kry, onthou Jannie hoegenaamd niks toe hy in die woud weer van sy omgewing bewus raak.
’n Paar jaar later ontdek Jannie weer die nota met die vyf items daarop geskryf in een van sy laaie en begin wonder, want na daai dag in die woud, hakkel hy ook nie meer…
Liefde op ‘n leë doek (Groot Druk)
R169.00Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

Reviews
There are no reviews yet.