Jannie het nie vriende nie, want hy hakkel baie en dan spot die kinders hom. Sy vriende is die diertjies en die voëltjies in die woud naby hulle huis. Eendag, terwyl hy in die woud hoog in ’n boom sit en voëltjies teken, sien hy ’n beweging dieper in die woud.
Het sy oë hom bedrieg, of het hy werklik ’n heks gesien?
Hy weet hy mag nie dieper in die woud gaan nie, maar hy is darem baie nuuskierig. Hy sluip dieper die bos in met sy verkyker en hou hy die gedoente versigtig dop. Dis toe sowaar ’n Heks wat besig is om iets in ’n groot pot te kook.
Hessie betrap Jannie wat haar deur sy verkyker dophou. Sy kort nog vyf goed vir haar brousel en Jannie moet dit vir haar kry. In ruil daarvoor sal sy hom genees van sy gehakkel.
Van die ontmoeting met die Heks en sy avontuur om die vyf items op die nota bymekaar te kry, onthou Jannie hoegenaamd niks toe hy in die woud weer van sy omgewing bewus raak.
’n Paar jaar later ontdek Jannie weer die nota met die vyf items daarop geskryf in een van sy laaie en begin wonder, want na daai dag in die woud, hakkel hy ook nie meer…
Spooktrein
Price range: R99.00 through R189.00Presies een jaar nadat haar ouer suster, Lara, spoorloos by ‘n rondreisende kermis verdwyn het, keer dieselfde kermis terug na die dorpie. Vir Celine is dit meer as net ‘n toevalligheid – dit is haar laaste kans om die waarheid te ontdek.
‘n Geheimsinnige fortuinverteller, vreemde klopgeluide uit die spooktrein en ‘n jong werktuigkundige wat blykbaar meer weet as wat hy durf sê, lei Celine al dieper in ‘n wêreld van geheime tonnels, leuens en gevaar. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand bereid is om enigiets te doen om die donker geheime van die kermis te beskerm.
Met die kermis wat binnekort weer vertrek, raak tyd haar grootste vyand. Nou moet Celine besluit hoe ver sy bereid is om te gaan om haar suster terug te bring.

Reviews
There are no reviews yet.