Langs die Spoorlyn neem die leser op ‘n nostalgiese reis na ‘n klein spoorweggemeenskappie waar treine nie net roet en geraas bring nie, maar ook die stories van sy mense. Die rooi baksteenhuisies, met hul skewe hekkies en windverwaaide gordyne, is die agtergrond vir ‘n lewe vol skinderpraatjies, lief en leed, en ‘n sterk gemeenskapsgevoel.Te midde van die reuk van varsgebakte brood uit die Jood se winkel en die kreunende 702-lokomotief teen Doornberg uit, ontvou die lewens van karakters soos Siena, die haarkapster, Hetta met haar spaarplannetjies, en Niek, die nuwe stasievoorman met ‘n brose huwelik en ‘n gevaarlike aantrekkingskrag tot ‘n ander man se vrou.Wanneer ‘n Skotse reisiger met ‘n wêreldwye weddenskap sy pad na die stasie vind, en ‘n trein vol beeste ontspoor, raak die klein dorpie se gewoontes en intriges nog meer deurmekaargeskud. In hierdie verhaal word ‘n era herroep waar spoorweë nie net treine vervoer het nie, maar ook drome, skindernuus en menslike drama.
Klatergoud
Price range: R99.00 through R179.00Jandre Vermeulen is gebore om te erf – grond, rykdom en ’n naam wat respek afdwing. Sy lewe is reeds vir hom uitgestippel, tot Marlie, die bywoner se dogter, sy wêreld omkeer. Wat begin as herinnering, word ’n verbode verlange en uiteindelik ’n liefde sonder grense.
Tussen trots, klas en familie druk moet Jandre kies: bly hy in ’n wêreld van skyn, of waag hy alles vir die liefde wat hom werklik vry maak?
’n Passionele liefdesverhaal oor verbode liefde, keuses en die krag van die hart.

Reviews
There are no reviews yet.