VIR ALTYD EN ‘N DAG is alles behalwe jou gewone Anglo-Boereoorlog verhaal. Die Hattinghs bevind hulself midde die Boereoorlog. Terwyl kommandant Piet Hattingh en sy kommando veg teen die Engelse, word sy plaas Knoppiesheuwel geplunder en tot op die grond afgebrand; sy vrou en twee kinders na ’n konsentrasiekamp by Heilbron geneem.Die mooie Hendrien Hattingh, kom in opstand wanneer haar klein boetie ernstig siek raak van die kos wat hulle kry omte eet.
Clive Morrison, die Engelse luitenant wat diens doen in die konsen-trasiekamp, toon empatie met die boervroue en kinders wat onder haglike omstandighede moet oorleef. Hy beveel dat klein Johannes na die siekeboeg geneem word, maar Hendrien skop viervoet vas. Sy glo dat die swartkop luitenant haar boetie wil leed aandoen. Sy het al te veel gesien en beleef, sy vertrou geen Engelsman nie.
Stadigaan begin luitenant Clive Morrison vir Hendrien en ook die ander vroue in die kamp oortuig van sy goeie bedoelings deur ekstra komberse en kos aan hulle uit te deel. Uiteindelik word die Vredesverdrag gesluit. Die Hattinghs en ander gesinne is vry om terug te keer na hulle plase, of wat daarvan oor is, en die Engelse luitenant met sy manne moet teruggaan Engeland toe.
Hendrien kry nie die swartkop luitenant uit haar gedagtes óf haar hart nie, maar sy het geen keuse as om van hom te vergeet nie. Engeland en Suid-Afrika is duisende myle van mekaar.En Clive? Kon hý ooit werklik van die vurige, blonde boeremeisie vergeet? Óf vrede in sy hart vind met die onreg wat gepleeg is teenoor onskuldige vroue en kinders in die konsentrasiekampe.
Bloedrooi Papawers (Groot Druk
R179.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

marsdrey –
Al speel hierdie verhaal in die oorlog tyd af, is hierdie glad nie jou gewone oorlog storie nie. Franciska Mouton neem jou diep in die konsentrasiekamp in. Op haar briljante manier laat beleef sy jou die seer, swaar, siekte, dood en magteloosheid van die boerevroue wie se mans besig was om oorlog te maak teen die Engelse.
Jy stap saam in hul skoene van honger, ontbering, onsekerheid en vrees. Jy bewonder hul geloof en moed. Tussen al hierdie vroue is daar een jongvrou, Hendrien Hattingh. Jy kan nie anders as om die hoogste respek en waardering vir haar te ontwikkel nie. Sy stuit nie vir die duiwel nie en sy bly ook nie stil nie. Haar haat en veragting vir hul onderdrukkers – die Engelse – laat sy telkens hoor. Met een van die vyand se manne het sy haar sleg misgis, Clive Morris, Engelsman soos hy is, het haar heel uitgeboul toe hy haar in haar eie taal antwoord na een van haar tirades teen die Engelse.
Tog is sy haar ma en baie ander se steunpilaar ook. Haar sagte hart laat haar selfs ʼn helpende hand na die vyand uitsteek wanneer sy help met die versorging van gewonde Engelse.
Nooit sou sy kon raai dat haar hart haar so sou verraai en haar soveel smart sou laat deurgaan nie. Met ʼn swartkop, blou oog Engelsman kom sy haar Moses teë.
Skielik was daar vrede! Wat nou? Waarna moet hulle terug gaan? Leef hul vaders en broers nog?
ʼn Verhaal wat jou aan die hart gryp, jou woedend laat die een oomblik en die volgende oomblik laat lag vir die vurige blondekop, Hendrien Hattingh.
Jou hart gaan uit na die vroue en kinders wat na niks toe moet terug keer, en Franciska Mouton skryf jou in hierdie verhaal in. Jy word deel van die lief en leed van haar karakters.
Haar oorlogstonele so raak beskryf dat jy die kruit kan ruik om jou en die spanning in die lug kan aanvoel.
Dan kom sy met die verrassende einde waar jy nie van die een oomblik tot die volgende weet of jy moet hul of lag nie.
Puik storie Franciska Mouton. Ek sal die boek beslis aanbeveel. Daar is geen vervelige oomblik nie.
Marsofine Krynauw