Jacoba het eens geglo sy het die liefde van haar lewe gevind. Maar die man op wie sy verlief geraak het, het mettertyd haar grootste nagmerrie geword. Op ’n plaas waar vrees, vernedering en mishandeling deel van haar daaglikse bestaan geword het, moes sy en haar drie seuns leer om stil te bly en te oorleef. Tot die dag aanbreek waarop Jacoba besef sy kan nie langer so leef nie. Met haar kinders aan haar sy, waag sy die onbekende in – op soek na veiligheid, vrede en ’n nuwe begin. Maar kan ’n gebroke hart ooit weer liefhê? Wanneer Dewald onverwags deel van haar lewe word, ontdek Jacoba dat liefde nie altyd seermaak nie. Soms bring dit genesing, hoop en ’n tweede kans. Terwyl ou wonde stadig begin heel, leer sy dat selfs ná die donkerste storm weer blomme kan blom.
TEEN beterwete in HOOP
Price range: R39.00 through R139.00TEEN BETERWETE IN HOOP is die opvolg DIE LIEFDE IS BLIND. Erika is verloof aan George, maar sy worstel met gevoelens van vrees en wanhoop oor die toekoms, want George is besitlik en manipulerend, wat haar ongemaklik laat voel. Sy ontmoet Pierry en wanneer Pierry met sy motorfiets die dag voor haar troue by hulle huis opdaag en haar vra om met hom te trou, sê sy dadelik ja. Haar ouers word egter nie so maklik oortuig nie. Na ’n argument tussen haar pa en Pierry, vlug Erika saam met hom agterop sy motorfiets weg.
Afgesien van vele struikelblokke op hulle pad na geluk, bly Erika se geloof standvastig. Wat hou die toekoms vir die twee jongmense in?

Reviews
There are no reviews yet.