‘n Misdaadroman
Dit was bloot toevallig dat Beverley en haar broer, Chrisjan, op die skatkaart in hul afgestorwe ouers se huis afgekom het. Aanvanklik het dié ontdekking haar bitter ontstel, want hul ouers was immers nie rowers of skattejagters nie … was hulle?
Kort voor lank begin sy met die gedagte speel dat daar regtig ‘n skat iewers in die Sederberge versteek is. Sy maak dit haar missie om dit op te spoor en vas te stel of haar ouers betrokke was by die versamel en versteek daarvan. Sommer vinnig-vinnig oorreed sy vir Chrisjan om saam met haar na die skat te gaan soek.
Dinge verloop nie soos sy gedink het nie en die soektog duur baie langer as wat sy gehoop het. Sy was egter glad nie voorbereid op die impak wat dit op haar lewe sou hê indien die skat gevind word nie.
Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.
Erfgenaam van Dietenheim (Groot Druk)
R359.00Tanya staan voor ʼn lewensveranderende besluit. Om haar gedagtes te orden, stap sy die stiltes van die Tsitsikammawoud
binne, waar sy vir Jean-Pierre ontmoet – ʼn man met dieselfde liefde vir die natuur en bewaring van bedreigde
plantsoorte as sy. ʼn Onmiddellike verbondenheid spruit tussen hulle, maar Jean-Pierre se gevoelens word getoets wanneer
hy ontdek dat Tanya in die geheim verloof is aan Francois. Wanneer hy sien hoe haastig die huwelik gereël word, groei
sy agterdog…

Reviews
There are no reviews yet.