Die dag toe Johan en sy maats by die rivier gaan piekniek hou het, kon hy nooit raai wat alles daar sou gebeur nie. Na daardie dag was die lewe nooit weer dieselfde vir hom nie.
Maande lank was hy in die hospitaal en het hy sy beste vriend verloor. Die lewe het vir hom ‘n groot nagmerrie geword! Hy moes leer om aan te pas by die lewe in ‘n rolstoel – iets wat hom woedend gemaak het. Hy is bitter omdat hy so afhanklik van ander mense is. Hy glo dat sy lewe nou in ‘n doodloopstraat beland het en dat daar niks goeds daarvan kan kom nie.
Toe sterf sy oupa en laat hy ‘n horlosie agter. Vir een of ander rede begin Johan dink dat hierdie horlosie glad nie so doodgewoon is nie, maar sy ouers neem hom nie ernstig nie – hulle spot selfs met hom daaroor!
Sal Johan ooit weer kan loop? Sal sy boesemvriend nie tóg die verlede agterlaat en weer vir hom kom kuier nie? En sal sy vriendin, vir wie hy so lief is, hom ooit raaksien? Dit is vrae wat hom pla, sal die horlosie dalk antwoorde bring.
Tuiskoms (Groot Druk)
R249.00Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sê nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.

Reviews
There are no reviews yet.