Jacoba en haar drie seuns het glad nie ‘n maklike lewe gehad op die plaas Grasfontein net buitekant Lichtenburg saam met haar man Raoul de Vos nie. Tot op ‘n dag toe haar eie lewe in gevaar gekom het, het die drie seuns saam met hul ma gevlug. Hulle het by ‘n dorpie met die naam Senekal beland. In Senekal het hulle lewens verander, veral toe Jacoba vir Dominee Dewald van Staden ontmoet het. Dewald het vir Jacoba geleer van God se liefde.
Waar Liefde weer Blom (Grootdruk)
R249.00Jacoba het eens geglo sy het die liefde van haar lewe gevind. Maar die man op wie sy verlief geraak het, het mettertyd haar grootste nagmerrie geword. Op ’n plaas waar vrees, vernedering en mishandeling deel van haar daaglikse bestaan geword het, moes sy en haar drie seuns leer om stil te bly en te oorleef. Tot die dag aanbreek waarop Jacoba besef sy kan nie langer so leef nie. Met haar kinders aan haar sy, waag sy die onbekende in – op soek na veiligheid, vrede en ’n nuwe begin. Maar kan ’n gebroke hart ooit weer liefhê? Wanneer Dewald onverwags deel van haar lewe word, ontdek Jacoba dat liefde nie altyd seermaak nie. Soms bring dit genesing, hoop en ’n tweede kans. Terwyl ou wonde stadig begin heel, leer sy dat selfs ná die donkerste storm weer blomme kan blom.

marsdrey –
Trientjie Malan het my aandag getrek met haar pragtige voorblad en die titel van haar boek, ʼn ou gesegde, wat so bekend by ons almal is. Tog kan die soveel betekenisse hê.
Hierdie pragtige inspirerende storie van Jacoba en haar drie pragtige seun, is een waarmee bitterlik baie vrou hulself sal kan vereenselwig. ʼn Besluit wat sy met haar hart maak en nie met haar verstand nie. ʼn Besluit wat haar lewe hel maak, maar sy kies om dit te deurstaan onder die dekmantel van die liefde.
Hierdie dapper vrou deurstaan liggaamlike sowel as emosionele geweld vir jare en probeer tussen deur nog haar kinders beskerm en haar man kalm hou.
Trientjie kry dit reg om jou hierdie gesin se lief en leed te laat beleef asof jy self in haar skoene staan.
ʼn Storie vol hartseer, teleurstelling, vergifnis, liefde en God se genade en beskerming vir ons.
Die liefde bly blind, soms om die ander een se foute raak te sien en soms om te besef hoe lief jy iemand anders het.
Baie geluk Trientjie met ʼn puik verhaal, ek sal dit beslis aanbeveel.
Marsofine Krynauw