Toe Maryna Joubert voor haar graad nege klas staan, trek een seun, Chris Greyling, haar aandag. Na haar seer egskeiding
met Anton en die dood van hulle seun, Deon, het sy besluit om in Pretoria ’n nuwe toekoms te begin maar met Chris wat
haar so baie aan haar oorlede seun herinner, is dit moeilik om aan te beweeg. Toe Chris egter hulp nodig het met ekstra
wiskundelesse, kan sy haarself nie help nie en bied hulp aan. Maar Maryna en Wikus, Chris se pa, stamp koppe sommer al
die eerste dag. In die proses leer sy Wikus beter ken en verloor haar hart op hom. Maar selfs hy het ‘n seer verlede en
klou nog vas aan sy oorlede vrou. Hoe kan sy met ’n spook kompeteer vir sy hart? Sy is so bang om weer te misluk en
weer seer te kry. Dis eers toe sy met Anton vrede maak, dat sy besef haar ma se woorde dat daar anderkant die einde tog
’n nuwe begin wag, waar is. Dalk, net dalk kan sy weer hoop, weer droom.
Verlos deur genade (Groot Druk)
Price range: R69.00 through R189.00Wanneer Johan Du Pisanie een oggend op die strand ’n
verwoeste, bebloede vrou ontdek, besef hy nie dat sy lewe
onherroeplik gaan verander nie. Karin, ’n vrou met ’n pynlike
verlede en geheime wat sy nie sommer deel nie, word
onverwags deel van sy huis en sy dogtertjie Katy se wêreld. Vir
Johan bied sy hoop op nuwe liefde; vir Karin ’n kans op
genesing, vergifnis en ’n toekoms sonder skuld. Maar haar
verlede weier om haar los te laat – en gevaar lê steeds op die
loer.

Reviews
There are no reviews yet.